Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US vereer akademici met Navorsingsuitsette-toekennings
Outeur: Division for Research Development
Gepubliseer: 05/02/2021

Die Universiteit Stellenbosch se jaarlikse toekenningsgeleentheid vir Navorsingsuitset toekennings is virtueel gehou op Vrydag 5 Februarie 2021. Hierdie toekennings is gemaak aan US navorsers wat die grootste bydrae gemaak het tot geakkrediteerde publikasies (gebaseer op geouditeerde publikasie statistieke van die 2018-uitsetjaar) en doktorsgrade afgelewer (Desember 2019/Maart 2020 gradeplegtighede).

Vir die doel van die erkenning met betrekking tot geakkrediteerde publikasies, is twee kategorieë in ag geneem, nl. (i) navorsers wat die grootste bydrae gelewer het ten opsigte van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) se publikasiesubsidie-eenhede (PEs) (afsnypunt hierdie jaar was 4.45) en (ii) navorsers wat die grootste aantal geakkrediteerde navorsingspublikasies geproduseer het in samewerking met hulle nasionale en internasionale navorsingsvennote en studente (afsnypunt hierdie jaar was 14). In hierdie rondte is daar ook erkenning gegee aan studieleiers wat drie en meer doktorsgrade afgelewer het in die genoemde periode.

Prof Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie het die toekennings oorhandig. Volgens prof Cloete is navorsingspublikasies en die suksesvolle aflewering van doktorsgrade van die belangrikste produkte wat deur US navorsers gelewer word. Dit lewer 'n kritiese bydrae tot die uitbou van die internasionale reputasie van die US as 'n uitnemende navorsingsuniversiteit, en maak 'n wesenlike bydrae tot die US se jaarlikse inkomste. Nog meer belangrik is die feit dat nuwe kennis wat aan die US gegenereer word op hierdie wyse oorgedra word na 'n wêreldwye gehoor, om sodoende die toepassing van navorsingsresultate moontlik te maak. “Navorsers wat hierdie tipe werk lewer, word dus met goeie rede beskou as een van die belangrikste bates aan enige universiteit. Ek beskou dit as `n voorreg om erkenning te kan gee aan die uitstaande prestasie van hierdie groep navorsers".

Prof Wim de Villiers (Rektor en Visekanselier aan die US) het dit beaam en die toekenninghouers gelukgewens: “Navorsing kan veeleisend wees, maar dit is ook opwindend. Ek waardeer al die bydraes van ons uitstaande navorsers, hul volgehoue veerkragtigheid en aanpasbaarheid by verandering – soos ons ook in die afgelope jaar gesien het. Ek is beindruk met hulle uitstaande werk en die impak wat hulle navorsing het. Dit maak `n geweldige bydrae tot die doelwitte wat uiteengesit is in die US se Visie 2040".​​

Die volgende navorsers het toekennings ontvang:

TitelNaamDepartement
ProfAkudugu, JohnRadiobiology 
ProfAndrason, AlexanderAncient Studies
ProfBantjes, JasonPsychology
ProfBarbour, LenChemistry and Polymer Science
DrBotma, GabriëlJournalism
ProfBurger, RonelleEconomics
ProfCotton, MarkPaediatrics and Child Health
ProfDavids, NuraanEducation Policy Studies
ProfDerman, WayneOrthopaedic Surgery
ProfDonaldson, RonnieGeography and Environmental Studies
ProfDu Plessis, AntonPhysics
ProfDu Plessis, StanEconomics
DrEhlers, EhlersHistory
ProfEsler, KarenConservation Ecology and Entomology
ProfFataar, AslamEducation Policy Studies
ProfFourie, JohanEconomics
ProfGörgens, JohannProcess Engineering
ProfGrobbelaar, SaraIndustrial Engineering
ProfHeinecken, LindySociology and Social Anthropology
ProfHesseling, AnnekeCBTBR
ProfHui, CangMathematics
ProfKagee, AshrafPsychology
ProfKlumperman, BertChemistry and Polymer Science
ProfLe Grange, LesleyCurriculum Studies
DrMarwa, NyankomoUSB
ProfMash, RobertFamily Medicine and Primary Care
ProfMbaya, HenrySystematic Theology and Ecclesiology
ProfMouton, JohannCREST
TonyNaidoo, TonyPsychology
ProfOpara, LinusHorticultural Sciences
ProfPretorius, ResiaPhysiological Sciences
ProfRichardson, DaveCentre for Invasion Biology
DrRoos, HildeAfrica Open Institute
ProfSchaaf, SimonPaediatrics and Child Health
ProfSchutte, CorneIndustrial Engineering
ProfSchwarz, CaraProcess Engineering
ProfSeedat, SorayaPsychiatry
ProfSmith, CarinePhysiological Sciences
ProfStrauss, ErickBiochemistry 
ProfSwartz, LesliePsychology
ProfTomlinson, MarkInstitute for Health Course Life Research
ProfVan Otterlo, WillemChemistry and Polymer Sciences
DrVan Schalkwyk, SamanthaPsychology
ProfVan Vuuren, JanIndustrial Engineering
ProfVan Zijl, GideonCivil Engineering
ProfVenter, RanelSport Science
ProfWaghid, YusefEducation Policy Studies
ProfWalker, CherrylSociology and Social Anthropology 
ProfWalzl, GerhardMolecular Biology and Human Genetics
ProfWarren, RobinMolecular Biology and Human Genetics 


Vir enige navrae, kontak asb. vir Maryke Hunter-Hüsselmann (mh3@sun.ac.za