Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe inisiatief sal gebruik van waterslim-tegnologie in landbou bevorder
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 05/02/2021

'n Nuwe inisiatief wat daarop gemik is om die gebruik van waterslim-tegnologie onder landbouers in Limpopo, die Vrystaat en Mpumalanga te bevorder, sal op 23 Februarie 2021 geloods word.

Die Triple Helix (3H) inisiatief sal 'n platform verskaf vir landbouers om saam met plaaslike regerings, agri-besighede en navorsingsinstansies te werk om gesamentlik met oplossings vir hul spesifieke plaaslike uitdagings vorendag te kom. Hierdie oplossings sluit in die bekendstelling van nuwe tegenologie, kennis uitruil, toegang tot finansieringsnetwerke en vaardigheidsopleiding.

Die 3H-platform is die resultaat van samewerking tussen die Universiteit Stellenbosch (US) en die Maastricht Bestuurskool (MSM), en word deur Agricolleges International (ACI) gefasiliteer.

“Die 3H-platform sal verskeie belanghebbendes in die veld van waterslim- landbou en tuinbou bymekaarbring. Dit sal plaaslike regering, plaaslike akademici en navorsers met landbouers en agri-besighede verenig. Die doel is om die gebruik van waterslim-tegnologie in hierdie areas aan te moedig," verduidelik die projekbestuurders, Hans Nijhoff van MSM en Manuel Jackson van die US.

Die stigting van die platform is gebaseer op 'n arbeidsmark behoeftebepaling wat in 2019 deur navorsers van die US en MSM gedoen is. Die doel van die opname was om te bepaal watter vaardighede die landbou- tuinbousektor benodig wanneer hulle graduandi van die Kolleges vir Tegniese en Beroepsgerigte Onderwys en Opleiding (TBOO) wil aanstel. Die projek, “Strengthening Skills of TVET Staff and Students for Optimizing Water Usage and Climate Smart Agriculture in South Africa", is via die Nederlandse Ministerie vir Buitelandse Sake deur die Netherlands Universities Foundation for International Cooperation (NUFFIC) gefinansier.

Gedurende die bekendstelling van die 3H-platform inisiatief, sal navorsers terugvoer verskaf van hul bevindings van die arbeidsmark behoeftebepalingsopname. Die sprekers is Prof Danie Brink en Manuel Jackson van die US, Hans Nijhoff en André Dellevoet van MSM, Huba Boshoff van NUFFIC, Jolanda Andrag van AgriSA, Prof Peliwe Lolwana van die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Owerheid, Wynand Espach van ACI, Johan Klinck van Motheo Kollege en verskeie verteenwoordigers van die Nkangala, Vhembe en Motheo kolleges.

Datum: 23 Februarie 2021

Tyd: 10:00-14:00

Platform: Zoom Meeting

Join Zoom Meeting

https://zoom.us/j/96806999555?pwd=S2hYNWZvcHEydDd0c2EvaGlBbTFlUT09

Meeting ID: 968 0699 9555

Passcode: 566480

RSVP: laurika@agricolleges.com

Image by Ngobeni Communications on Unsplash