Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Innovus vier briljante uitvindings tydens Innovasie-toekennings 2020
Outeur: Innovus
Gepubliseer: 03/12/2020

​Dit was miskien 'n ongewone jaar, maar Innovus het baie gehad om te vier op hul jaarlikse gesogte Innovasie-toekennings.

Die geleentheid vier die suksesse van ons US-navorsers, hul innovering en suksesvolle kommersialisering, sowel as die volhoubaarheid en onafhanklikheid van ons universiteit se groep van maatskappye.

Anita Nel, hoofdirekteur van Innovus, het gesê dat hulle die geleentheid aangebied het in samewerking met die patentprokureursfirma Von Seidels. "Ons het die geleentheid in een van die ruim vertrekke op die Lanzerac-wynplaas gehou. Ons het ons sosiale afstande gehou en 'n glasie sjampanje gelig om die tegnologie-oordragpogings van ons briljante uitvinders te vier."

Drie fakulteitstoekennings is gemaak, naamlik:

  • Die meeste toegekende patente vir 2020: Fakulteit Ingenieurswese
  • Die meeste uitvinding-openbaarmakings vir 2020: Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
  • Die meeste afwentel-ondernemings 2020: Fakulteit Natuurwetenskappe vir BioCODE, Phagoflux, Biotikum en Immobazyme.

Uitnemendheidstoekenning

Die Stellenbosch Nanovesel Maatskappy (SNC) het die toekenning verwerf as die mees uitnemende afwentelmaatskappy in 2020. Hierdie toekenning is 'n bewys dat innovasie en goeie ontwerp die mag het om die wêreld te kan verander. SNC bied vooraanstaande produkte in die biomediese ruimte. Hul buigsame kliëntbetrokkenheidsmodel verseker vinnige produkontwikkeling.

Tydens die COVID-19-pandemie het die kosmetiese mark amper tot stilstand gekom, wat beteken dat hul produkverkope gedaal het. Hul ratse buigsame manier van werk het verseker dat hulle twee weke in grendeltyd tydelik van rigting verander het en herbruikbare en wasbare nanovesel maskers begin ontwikkel het (op dieselfde standaard as N95-maskers) en hul personeel van 28, voor-COVID tot ongeveer 109 gegroei het.

Nog 'n merkwaardige prestasie van SNC is dat hulle hul omset die afgelope twee jaar byna vertienvoudig het. Dr Eugene Smit, die uitvoerende hoof van SNC, het die prys namens die maatskappy ontvang.

Nuwe toekenning

'n Nuwe toekenning wat vir die eerste keer bekendgestel is, was die US Group of Companies Spesiale Toekenning 2020 wat aan Unistel Medical Laboratories (UML) en hul uitvoerende hoof, dr Munro Marx, toegeken is. UML is in 1999 gestig en is nie net die oudste maatskappy in die US-groep van maatskappye nie, maar met die uitsondering van 2018 (toe die maatskappy na 'n nuwe perseel verhuis en in nuwe infrastruktuur belê het), het die maatskappy die afgelope twee dekades jaarliks dividende betaal.

Dit was ook die visie van dr Marx wat gelei het tot die stigting van die kantoor vir intellektuele eiendom (wat nou as die Innovus Tegnologie-oordragkantoor bekend staan) in 1999, asook die stigting van Unistel Group Holdings (Edms.) Ltd, wat nou as US Enterprises (Edms.) Bpk. Bekend staan. Dr Marx kan trots wees op sy nalatenskap.

US Enterprises besit nou aandele in 28 afwentelmaatskappye, insluitend die US LaunchLab- wat dienste en programme van wêreldgehalte bied vir jong opkomende maatskappye.

Patente toegestaan

Die uitvinders wat gedurende die jaar patente ontvang het, het elkeen 'n sertifikaat ontvang. Hulle is:

Metode en apparaat vir die vervaardiging van fyn vesels aan Anton Eugene Smit en Ronald Douglas Sanderson;

'n Ondersteuningstruktuur vir veelvuldige heliostatistieke aan Karel Malan en Paul Gauché;

'n Haaiversperring aan Craig O'Çonnell, Michael Rutzen, Sara Andreotti en Conrad Matthee;

Metode vir die diagnose van tuberkulose aan Novel Chegou, Gerhard Walzl en Adane Mihret;

Metode om mikrobiese groei op 'n vervaardigde produk te verkom aan Marina Rautenbach en Wilma van Rensburg;

Konjugering (samesmelting) vir die behandeling van malaria aan Lubertus Klumperman, Paul Reader en Marina Rautenbach;

Stelsels en metodes vir die opsporing van biomolekules aan Leon Dicks, Willem Perold, Deon Neveling en Thomas van den Heever;

Vragbeveiligingsapparaat aan Leo David Mcnally;

Hoogte-verstelbare pyloon met raamondersteuning aan Willem Landman en James Larmuth;

Ondersteunende raamwerk samevoeging aan Paul Gauché;

'n Toestel vir die opsporing van biomolekules aan Christiaan Viviers, Willem Perold, Leon Dicks en Giles Maybery;

Metode om gefermenteerde drank te vervaardig aan Wessel Johannes du Toit en Sebastian Vannevel;

Toestelbepalingstoestel en -stelsel vir pype aan Jakobus van Zyl, Marthinus Booysen, Arno Barnard en Jurie Erwee;

'n Sintetiese pulmonale oppervlakte-oplossing vir die behandeling van longkondisies aan Lyné van Rensburg en Johann van Zyl;

Antimikrobiese oplossing vir William Joseph Cloete en Lubertus Klumperman;

Rekombinante gis aan Rosemary Cripwell, Willem Van Zyl en Shaunita Rose;

Proses vir die vervaardiging van 'n brouers se gebruikte graanekstrak en gebruike daarvoor aan Lukas Swart, Johann Görgens en Eugene Rensburg

Die gebruik van papiliotrema laurentii as 'n bio-kunsmis vir Leandra Moller, Alexander Valentine en Alfred Botha.

Baie geluk aan al hierdie innoverende presteerders.