Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Universiteit Stellenbosch se nuwe Techpreneurship Sentrum oorbrug gaping tussen die akademie en werksgeleenthede
Outeur: Innovus & LaunchLab
Gepubliseer: 23/09/2020

​Die Universiteit Stellenbosch LaunchLab in vennootskap met die US Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke stel in Februarie 2021 die nuutgestigte US Techpreneurskap-sentrum bekend. Die doel is om aan finalejaar-studente en/of onlangse gegradueerdes die geleentheid te gee om deel te neem aan 'n 6-weke-lange kodering en entrepreneurskap program. Hulle sal daarna by 'n jong maaskappy of bedryfsvennoot geplaas word as deel van 'n vastetermyn-internskap om op werklike probleme of projekte te werk.

Keenan Stewart, Senior Diensleweringsbestuurder van die US LaunchLab het gesê die Techpreneurship-sentrum sal die US se kundigheid in Datawetenskap, Masjienleer, Robotkunde en Besigheidsinkubasie benut om entrepreneurskap-aktiwiteite te bevorder, terwyl dit studente sal blootstel aan 'n pragmatiese leeromgewing, asook werkgeleentehede bied nadat hulle hul grade ontvang het.

“Die nuwe US Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke ondersteun die koderingsprogram, terwyl die US LaunchLab sal fokus op entrepreneurskap, innovasie en besigheidsfundamentele deur middel van sy inkubasieprogram. Die resultaat sal 'n inspirerende, pragmatiese en entrepreneuriese inisiatief vir alle US studente wees," het Stewart gesê.

In terme van die US se Visie 2040 sal hierdie samewerking bydra tot die skep van 'n transformerende studente-ervaring. Hierdie leerervaring sal 'n soomlose oorgang bied vir toetrede tot die werksmag deur 'n praktiese ondervinding met die US LaunchLab se jong maatskappye en vennote.

Stewart het gesê studente en gegradueerdes sal die geleentheid kry om koderingsvaardighede aan te leer vir toepassing op selfone en internet-ontwikkeling, asook entrepreneurskap, innovasie en sagte vaardighede wat nodig is in die moderne sakewêreld. “Ons sal 'n pasgemaakte leerervaring skep vir ontwikkelaars om die mees relevante vaardighede aan te leer wat hulle gaan nodig hê in 'n hedendaagse tegnologie-aangedrewe onderneming."

“In Afrika suid van die Sahara sal 230 miljoen werkgeleenthede teen 2030 digitale vaardighede as 'n vereiste stel, wat illustreer hoe belangrik die toekomstige vraag na gegradueerdes wat werkgereed gaan wees. Die US Techpreneurskap-sentrum sal 'n kritiese skakel skep tussen klaskamer-studies en werklike ervarings deur 'n getoetsde pad te bied aan jong maatskappye wat ernstig is oor hulle junior ontwikkelingspyplyn.​


Belangrike datums

●      Aansoeke open: 01 Okt 2020

●      Aansoeke sluit: 15 Nov 2020

●      Onderhoude:  19 Nov 2020

●      Verkiesing:  23 Nov 2020

●      Program: 01 Feb 2021 - 12 Maart 2021

●      Internskap: 01 Apr 2021 - 30 Sep 2021

 As jy geïnteresseerd is en vooraf vir die program wil inskryf, vul asseblief die vorm HIER in.