Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
“Lockdown” weerhou nie studente van navorsing beligting nie
Outeur: Riaan Combrinck
Gepubliseer: 22/05/2020

​Hanru Muller se meesters onderwerp is gefokus op gloeiende beton met behulp van gloeiende aggregaat. Tydens die “lockdown" het hy op 'n plaas gebly en die lae lig omstandighede asook lae vlakke van lig besoedeling gebruik as die ideale geleentheid om veld toetse te doen. Die foto's wys die implementering van 'n gloeiende padteken, wat ontwerp is volgens padteken spesifikasies, met die poging om die afstand van sigbaarheid van padtekens te verbeter. Die doel agter die toets is om die moontlikheid te ondersoek waar gloeiende padtekens op beton strukture langs paaie gebruik word, soos op beton keerwalle, ens. Die padteken was vervaardig deur die gloeiende aggregaat, wat ook gebruik sal word in gloei beton, te plak op 'n stuk karton. Die foto's wys die sigbaarheid van die teken nadat dit kortliks met 'n fietslig gelaai is.