Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Studente stel 'Ons veg terug COVID'-inisiatief bekend
Outeur: Development & Alumni / Ontwikkeling & Alumni
Gepubliseer: 11/05/2020

Studente en alumni in die gesondheidsorg-dissiplines by die Universiteit Stellenbosch (US) en ander Suid-Afrikaanse universiteite staan saam om terug te veg teen die COVID-19 pandemie deur vyf inisiatiewe wat hulle glo kan tans die grootste impak hê.  

“As 'n dokter in opleiding voel 'n mens die verantwoordelikheid om by te dra op enige manier wat jy kan in die stryd teen hierdie pandemie. Om 'n dokter te wees begin nie die dag wat jy jou graad kry nie, maar baie vroeër, gebaseer op die toewyding tot hierdie werk. Dit voel ook soos die regte ding om te doen," sê Luné Smith, 'n vyfde-jaar mediese student op die US se Tygerberg-kampus en een van die koördineerders van “We fight back COVID" (“Ons veg terug teen COVID").

We Fight Back COVID bestaan uit vrywilligers wat aan moeders en babas tydens inperking in die kangaroe-moedersorg (KMC) sale en inwoon-areas by Tygerberg Hospitaal tydens hul verblyf noodsaaklike items verskaf; assisteer met die vervaardiging van gesigskerms vir gesondheidswerkers by Tygerberg-hospitaal en ander gesondheidsorg-sentrums; en maskers maak, versprei en die publiek op lei oor hoe om dit veilig te gebruik en versorg. Vrywilligers is ook betrokke by die maak van tuisgemaakte spasieerders om te gebruik saam met afgemete-dosis inasem-toestelle (MDI's) vir pasiënte met brongospasma (met ander woorde 'n borskas-ongemak of 'n gevoel van asemnood) en wat geaëroliseerde medikasie moet neem tydens die COVID-19 pandemie; en deel wetenskaplik-gebaseerde inligting oor die virus op die organisasie se Facebook en Instagram bladsye.

Terwyl Smith die We Fight Back COVID inisiatiewe dryf, word hulle ondersteun deur dr Suretha Kannenberg van die Dermatologie-divisie in die Departement Geneeskunde aan die US, wat ook dien as skakel tussen die Tygerberg-studente en die US.

As deel van hul ondersteuning aan moeders in die KMC-sale en verblyf-areas versprei die studente van die kampus ook toiletware, babaklere en versnaperings, en verskaf aan moeders voorbeelde van opvoedkundige aktiwiteite wat hulle kan uitvoer om die babas se ontwikkeling te bevorder. Arbeidsterapie-studente het ook 'n joernaal geskep waarin die moeders hul babas se mylpale kan aanteken.

“Hierdie moeders gaan deur 'n moeilike tyd emosioneel gesproke en is dikwels alleen met niks om te doen nie, dus help dit om hul stres te verlig."

Vrywilligers staan ook die departement Ortopediese Chirurgie by onder leiding van dr Rudolph Venter, ortopeed en lektor in die Fakulteit Geneeskunde en  Gesondheidswetenskappe, om 3D skerms te druk om diegene op die voorpunt van die stryd teen die pandemie teen infeksie te beskerm. Die eerste 140 skerms is aan die Departement Beroepsgesondheid vroeg in April gelewer vir verspreiding by Tygerberg-hospitaal.

“Ons het 55 anders skerms gelewer aan ons sifting-areas en die Departement Ortopedie, 'n verdere 110 skerms aan die Departement Beroepsgesondheid, sowel as 20 skerms aan die intensiewesorg-afdeling van die hospitaal."

Volgens Smith het die maskervervaardiging-inisiatief daartoe gelei dat 40 maskers versprei is aan moeders in die KMC en verblyf-areas en 60 aan kampus-sekuriteit.

“Liefde begin tuis en wat is die punt as ons die wêreld probeer red, maar ons huis val uitmekaar? Die sekuriteitspersoneel hou ons veilig op die kampus, dus is dit die minste wat ons vir hulle kan doen."

Ander kritiese en potensieel lewensreddende inisiatiewe waarby die vrywilligers betrokke is, is die produksie van spasieerders, vervaardig uit plastiek-bottels.

“COVID-19 is 'n siekte wat versprei word deur druppels en het die potensiaal om deur die lug te versprei wanneer 'n persoon met brongospasma 'n nebuliseerder gebruik. Die mediese bedryf beweeg dus weg van nebulisering in alle gesondheid-omgewings omdat dit 'n teoretiese risiko het om deur lug-verspreiding die virus te versprei," verduidelik Smith.

Gemeterde dosis-toedieners (MDI's) soos asmapompe, wat lugverspreide medikasie in vaste dosisse toedien, sal dus gebruik word saam met spasieerders. Spasieerders is buise wat aan die MDI's vasgemaak word en help om medikasie makliker in die longe te kry omdat dit die uitgespuite medikasie bevat en die gebruiker meer tyd gee om dit in te asem wanneer hulle nie hul asemhaling heeltemal kan beheer tydens die brongospasma nie.

“Daar is konkrete bewyse dat tuisgemaakte spasieerders gemaak uit 'n plastiek bottel met 'n gat daarin net so effektief is as dié wat kommersieel beskikbaar is en aangesien ons binnekort 'n groot vraag daarna sal hê, het ons begin om bottels te versamel en hulle begin omskep in spasieerders. Die gemeenskap dra by deur hierdie bottels te versier met 'n boodskap van hoop om 'n gees van kameraadskap onder mense te bevorder."

Volg die groep op Facebook (We Fight Back COVID) and Instagram  (@we.fight.back.covid).

Foto 1: Studentevrywilligers en twee verpleegsters buite 'n COVID-19 siftingsfasiliteit waar die studente 3D gedrukte skerms afgelaai het wat hulle gemaak het om gesondheidsorgwerkers se veiligheid te verseker. Agter van links is studente Venuchka Vermeulen, Nicola Duvenhage, en Abdul Baasit Isaacs, met Luné Smith wat voor kniel. (Foto: Sokwanda Njeza)

Foto 2: Studentevrywilligers gereed om pakkies te lewer aan moeders in die KMC-sale by Tygerberg Hospitaal. Van links is Jemma Kent, Anandi de Witt, Iza-Mari Gaybba, Luné Smith, en Sangeun Lee. (Foto: Sokwanda Njeza)