Elke jaar op 10 Mei kom die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie by die Universiteit Stellenbosch byeen om die persoon en werk van Dr. Beyers Naudé te herdenk. Ons doen dit normaalweg in persoon en nooi 'n spreker om 'n aspek van Dr Naudé se nalatenskap en getuienis aan te spreek. Ons kan dit egter nie vanjaar doen nie as gevolg van die Covid-19 grendeltoestand in Suid-Afrika. Ons het Prof Nico Koopman, die voorsitter van die Bestuurskomitee van die Beyers Naudé Sentrum gevra om 'n boodskap met ons te deel op die 105ste herdenking van die geboorte van Beyers Naudé.