Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vermy prysbeheer in krisistye – dit werk nie
Outeur: Prof Willem Boshoff
Gepubliseer: 07/05/2020

​Die artikel, The case for avoiding price controls in times of crisis: they don't work, deur prof Willem Boshoff, mededirekteur van die Sentrum vir Kompetisiereg en Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, is op 6 Mei 2020 deur The Conversation gepubliseer:

 

Sedert die begin van die COVID-19-pandemie en die aanvanklike opgaar van kos en ander items, het die prysregulering van basiese voedsel en mediese goedere deur die regering heelwat aandag getrek.

In Suid-Afrika het die minister van handel en nywerheid regulasies ingestel ter ondersteuning van die toepassing van kompetisie- en verbruikersreg teen sogenaamde buitensporige of onbillike pryse gedurende die nasionale ramptydperk.

Die prysregulasies reguleer nie die pryse eksplisiet nie, maar poog om die mate te beperk waartoe pryse op aanvraag- en kostefaktore reageer in die ramptydperk. Dit het aanleiding gegee tot 'n vloedgolf verbruikersklagtes en 'n aantal ondersoeke deur die kompetisie-owerhede.