Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Afstandtoegang tot biblioteekbronne en -dienste gedurende die sluitperiode
Outeur: Library
Gepubliseer: 26/03/2020

Kontak ons 

Jy kan met die Biblioteek vir hulp in verbinding tree deur ons aanlyn verwysingsdiens, Ask a Librarian, en ook deur Twitter en Facebook. E-posse kan ook aan die Fakulteitsbibliotekarisse gerig word of skakel hulle direk vir inligtingsdienste en navorsingsondersteuning. Telefoonnommers vir die biblioteek is so ver as moontlik na personeel se selfoonnommers aangestuur.  

 

Toegang tot e-hulpbronne (elektroniese databasisse, vaktydskrifte en biblioteekkatalogusse)  

Toegang tot e-hulpbronne sal soos gewoonlik deur afstand beskikbaar wees. Kliënte saal gevra word om met hul kampus-gebruikersnaam en wagwoord aan te teken. Indien hulle enige probleme met hul wagwoord ondervind, moet hulle hierdie biblioteekgids raadpleeg of met IT in verbinding tree vir hulp.  

Enige probleme wat met elektroniese databasisse en vaktydskrifte ondervind word, kan by ManagerE-Resourcesaangemeld word. 

 

Hernuwing van boeke 

Die Biblioteek se katalogus (Primo) en kliënte se biblioteekrekords sal deur afstand beskikbaar wees. Die datum van teruggawe van boeke wat gedurende die tydperk van algehele inperking na 17 April 2020 verander word. Daarna kan boeke vir ’n verdere uitleentydperk aanlyn hernu word indien gebruikers nie in staat is om hulle onmiddellik terug te bring nie.   

 

Hierdie gids kan geraadpleeg word om vas te stel watter gratis e-hulpbronne deur uitgewers beskikbaar gestel is.  

 

Uitlening tussen biblioteke  

Navorsers en studente sal steeds kan voortgaan om artikels deur interbiblioteeklenings aan te vra. Gebruik asb onderstaande kontakbesonderhede of voltooi die aanvraagvorm vir interbiblioteeklenings op die biblioteek se webwerf. Ons sal ons bes doen om dit op te spoor en na jou toe aan te stuur.  

 

 

 

Kort uitlenings 

Kort uitlenings sal ongelukkig nie beskikbaar wees nie. Gaan soek asb in die Biblioteek se katalogus vir n elektroniese weergawe van die boek. Jy is ook welkom om die gids oor vryelik beskikbare COVID-19-hulpbronne te raadpleeg om te sien watter ander gratis e-hulpbronne beskikbaar is of tree met jou fakulteitsbibliotekaris in verbinding.  

 

Aansoeke vir Ooptoegangpublikasiefonds 
Hierdie diens sal normaal voortgaan, onderhewig aan die beskikbaarheid van fondse. Alle navrae kan gerig word aan ManagerE-Resources.  

 

Aanlyn hulp deur fakulteitsbibliotekarisse  

Stuur ’n e-pos aan die fakulteitsbibliotekarisse vir verwysingsdienste of enige ander hulp. Hulle sal individuele vergaderings met kliënte deur middel van Skype of Microsoft Teams kan hou indien meer in-diepte hulp benodig word. Hulp sal alle dienste soos bibliometriese dienste, boekbestellings, opleidingsmateriaal en SUNLearn vir studente, ens insluit.  

 

Navra kan ook gerig word deur middel van Ask a Librarian en die Biblioteekgidse kan geraadpleeg word vir spesifieke departement of inligting oor navorsingsondersteuning.  

Enquiries could also be directed via and the Library Guides can be consulted for assistance for  

 

Navorsingsondersteuningsdienste  

Die volgende reëlings geld vir alle navorsingsondersteuningsdienste: 

  • ​Vir enige Navorsingsdatabestuur-navrae, inligting oor databestuurplanne of die oplaai van data op SUNScholarData, besoek asb die webblad vir Navorsingsdatabestuur, die SUNScholarData LibGuideof kontak die Bestuurder: Navorsingsdatadienste of rdm@sun.ac.za. 
  • ​Vir alle navorsingsnavrae wat met Spesiale Versamelings (Afrikana, skaars boeke en afhaal van manuskripte) verband hou, kontak asb die Hoof: Spesiale Versamelings of gebruik ons 24-uur aanlyn verwysingsdiens Ask a Librarian. 
  • Vir hulp om toegang tot artikels soos tesisse en dissertasies of navorsingsartikels in SUNScholar te kry, stuur ’n e-pos aan scholar@sun.ac.za. 
  • Vir hulp om self jou ​​navorsinguitset in SUNScholar te argiveer, tree asb met die Digital Scholarship Librarian in verbinding.  
  • Vir hulp met die bestuur van vaktydskrifte op SUNJournals, tree asb met die Digital Scholarship Librarian in verbinding.  
  • Die Bestuurder: Navorsingsimpakdienste sal kan help met generiese navorsingsondersteuning soos gevorderde bibliometriese dienste, unieke skryweridentifikasie met ORCID, raad oor publikasie en hoe om jou impak as ’n navorser te vergroot.  
  • Vir hulp met algemene navorsingsondersteuning soos verwysing en verwysingsbestuur, asook die formatering hiervan en van dissertasies, kan jy die Head: Research Commons kontak. 


#SmartResearcher-werkswinkels 

Geskeduleerde biblioteekwerksessies sal voortgaan in die vorm van aanlyn webinare (deur Adobe Connect of Microsoft Teams) of deur opnames waar ’n webinaar nie moontlik is nie. Kliënte kan voortgaan om vir hierdie werkswinkels te registreer en die toepaslike personeel sal inligting oor hoe om toegang tot die webinare te kry, verskaf.  


Aflewering van dokumente by plekke wat nie op kampus is nie 

Biblioteekpersoneel sal van die huis af werk en geen toegang tot gedrukte boeke en vaktydskrifte hê nie. Ons afleweringsdiens by plekke wat nie op kampus is nie, word dus opgeskort.  

 

Teruggawe van boeke 

Geen boeke kan terugbesorg word gedurende die tydperk van algehele inperking nie.