Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
President van die Konvokasie bedank
Outeur: Development & Alumni / Ontwikkeling & Alumni
Gepubliseer: 23/12/2019

Adv Jan Heunis, as President van die Konvokasie, mnr Bernard Pieters, as Sekretaris en me Daleen van Zyl, as addisionele lid, het op 3 Desember 2019 uit die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie bedank.
 
Adv Heunis was President van die Konvokasie vanaf 26 Januarie 2016, mnr Pieters sekretaris vanaf 1 Januarie 2017 en me Van Zyl addisionele lid vanaf 23 November 2017.
 
Ingevolge die US Statuut sal die onlangs verkose Visepresident, dr Leslie van Rooi, nou as President waarneem totdat 'n nuwe President verkies word.  Dr Van Rooi is Senior Direkteur: Sosiale Impak en Transformasie aan die US.
 
Die proses vir die verkiesing van 'n nuwe president, sekretaris en addisionele lid sal vroeg in 2020 van stapel gestuur word.