Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
2019 US Toekennings vir Navorsingsuitnemendheid
Outeur: Afdeling Navorsingsontwikkeling, Division for Research Development
Gepubliseer: 12/12/2019

​Die jaarlikse toekenningsgeleentheid vir Navorsingsuitnemendheid is op 5 Desember 2019 by STIAS oorhandig. Hierdie toekennings is gemaak aan US navorsers wat die grootste bydrae gemaak het tot geakkrediteerde publikasies (gebaseer op geouditeerde publikasie statistieke van die 2017-uitsetjaar) en doktorsgrade afgelewer (Desember 2018/Maart 2019 gradeplegtighede).

Vir die doel van die erkenning met betrekking tot geakkrediteerde publikasies, is twee kategorieë in ag geneem, nl. (i) US navorsers wat die grootste bydrae gelewer het ten opsigte van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) se publikasiesubsidie-eenhede (PEs) (afsnypunt hierdie jaar was 4.15) en (ii) US navorsers wat die grootste aantal geakkrediteerde navorsingspublikasies geproduseer het in samewerking met hulle nasionale en internasionale navorsingsvennote en studente (afsnypunt hierdie jaar was 14). In hierdie rondte is daar ook erkenning gegee aan navorsers wat 3 en meer doktorsgrade afgelewer het in die genoemde periode.

Die toekennings is oorhandig deur prof Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studie. Volgens prof Cloete is navorsingspublikasies en die suksesvolle aflewering van doktorsgrade van die belangrikste produkte wat deur US navorsers gelewer word. Dit lewer 'n kritiese bydrae tot die uitbou van die internasionale reputasie van die US as 'n uitnemende navorsingsuniversiteit, en maak 'n wesenlike bydrae tot die US se jaarlikse inkomste. Nog meer belangrik is die feit dat nuwe kennis wat aan die US gegenereer word op hierdie wyse oorgedra word na 'n wêreldwye gehoor, om sodoende die toepassing van navorsingsresultate moontlik te maak. “Navorsers wat hierdie tipe werk lewer, word dus met goeie rede beskou as een van die belangrikste bates aan enige universiteit. Ek beskou dit as `n voorreg om erkenning te kan gee aan die uitstaande prestasie van hierdie groep navorsers".

Die volgende navorsers het toekennings ontvang:

RESEARCH AWARDS  CATEGORY:
Prof Pia AddisonBewaringsekologie en EntomologieAantal doktorsgrade afgelewer
Prof Charles AdjasiUSBAantal doktorsgrade afgelewer
Dr Alexander AndrasonAntieke Studies Aantal navorsingsuitset eenhede
Prof Zsa-Zsa BoggenpoelPubliekregAantal navorsingsuitset eenhede
Prof Juliana ClaassensOu en Nuwe TestamentAantal navorsingsuitset eenhede
Prof Mark CottonPediatrie en KindergesondheidAantal navorsingsuitsette
Prof Nuraan DavidsOpvoedingsbeleidstudieAantal navorsingsuitset eenhede
Imke de KockBedryfsingenieursweseAantal navorsingsuitsette
Prof Ronnie DonaldsonGeografie en OmgewingstudieAantal doktorsgrade afgelewer
Prof Karen EslerBewaringsekologie en EntomologieAantal navorsingsuitsette en aantal doktorsgrade afgelewer
Prof Magda Fourie-MalherbeKurrikulumstudieAantal doktorsgrade afgelewer
Prof Dennis FrancisSosiologie en Sosiale AntropologieAantal navorsingsuitset eenhede
Prof Johann GörgensBedryfsingenieursweseAantal navorsingsuitsette, aantal navorsingsuitset eeenhede en aantal doktorsgrade afgelewer
Prof Sara GrobbelaarBedryfsingenieursweseAantal navorsingsuitsette
Prof Lindy HeineckenSosiologie en Sosiale AntropologieAantal navorsingsuitset eenhede
Prof Cang HuiWiskundige WetenskappeAantal navorsingsuitsette en aantal navorsingsuitset eenhede
Prof Ashraf KageeSielkundeAantal navorsingsuitsette
Prof Bert KlumpermanChemie en PolimeerwetenskappeAantal doktorsgrade afgelewer
Prof Leslie le GrangeKurrikulumstudieAantal doktorsgrade afgelewer
Prof Antoinette MalanBewaringsekologie en EntomologieAantal navorsingsuitset eenhede
Prof John MeaseyC I BAantal navorsingsuitsette en aantal navorsingsuitset eenhede
Prof Johann MoutonCRESTAantal doktorsgrade afgelewer
Prof Josephine MusangoSkool vir Publieke LeierskapAantal doktorsgrade afgelewer
Prof Tony NaidooSielkundeAantal navorsingsuitset eenhede
Prof Thomas NieslerElektriese en Elektroniese IngenieursweseAantal doktorsgrade afgelewer
Prof Linus OparaHortologieAantal navorsingsuitsette en aantal navorsingsuitset eenhede
Prof Solosh PillaySkool vir Publieke LeierskapAantal navorsingsuitset eenhede
Prof Helmut ProdingerWiskundige WetenskappeAantal navorsingsuitset eenhede
Prof Jeremy PuntOu en Nuwe TestamentAantal navorsingsuitset eenhede en aantal doktorsgrade afgelewer
Prof Dave RichardsonC I BAantal navorsingsuitsette en aantal navorsingsuitset eenhede
Prof Soraya SeedatSielkundeAantal navorsingsuitsette
Prof Mark TomlinsonInstitute for Life Course Health ResearchAantal navorsingsuitsette en aantal navorsingsuitset eenhede
Prof Christo van der MerweAntieke StudieAantal navorsingsuitset eenhede
Prof Paul van HeldenMolekulêre Biologie en MensgenetikaAantal navorsingsuitsette
Prof Anton van Niekerk FilosofieAantal navorsingsuitset eenhede
Prof Jan van VuurenBedryfsingenieursweseAantal navorsingsuitsette
Prof Gideon van ZijlSiviele IngenieursweseAantal navorsingsuitsette en aantal navorsingsuitset eenhede
Prof Emile van ZylMikrobiologieAantal navorsingsuitsette
Prof Marianna VisserAfrikataleAantal doktorsgrade afgelewer
Prof Robert VoslooSistematiese Teologie en EkklesiologieAantal doktorsgrade afgelewer
Prof Yusef WaghidOpvoedingsbeleidstudieAantal navorsingsuitset eenhede
Prof Rob WarrenMolekulêre Biologie en MensgenetikaAantal navorsingsuitsette
Prof Sope Williams-ElegbeHandelsregAantal navorsingsuitset eenhede

 

Vir meer inligting, kontak asb. vir Dalene Pieterse (mver@sun.ac.za) of Maryke Hunter-Hüsselmann (mh3@sun.ac.za).

Foto krediet: Anton Jordaan