Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US beskik oor 3 besonder invloedryke navorsers
Outeur: Web of Science Group
Gepubliseer: 22/11/2019

​Die Fakulteit Ekonoiese en Bestuurswetenskappe kondig met trots aan dat een van sy akademici, prof Reinette (Oonsie) Biggs, by die lys besonder invloedryke navorsers ingesluit is, volgens die groep Web of Science​ se lys met die titel Highly Cited Researchers 2019.

Biggs, bekleër van die DWT/NNS ​Navorsingsleerstoel in Sosio-ekologiese Stelsels en Veerkragtigheid, sowel as professors Linus Opara (Landbouwetenskappe) en Dave Richardson (Omgewing en Ekologie) bevind hulself tussen die 622 navorsers wêreldwyd wat die meeste aangehaal word.

Dié hoogaangeskrewe lys identifiseer wetenskaplikes wat veelvoudige navorsingstukke gelewer het wat in die top 1% val wanneer aanhalings vir hul studievelde en jaar van publikasie in ag geneem word. Dit bewys dat hulle 'n wesenlike navorsingsinvloed op hul tydgenote uitoefen.

  • Om die volledige artikel te lees, kliek hier​.
  • Foto deur Anton Jordaan: Professor Reinette (Oonsie) Biggs (links) by die dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, prof Ingrid Woolard.