Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Opvoedkunde studente gaan na Berlyn in 2020!
Outeur: Prof Christa van der Walt
Gepubliseer: 13/11/2019

As gevolg van 'n samewerkingsprojek tussen die Universiteit van Stellenbosch en die Humboldt Universiteit in Berlyn (Duitsland), het Suid-Afrikaanse en Duitse onderwysstudente die geleentheid om te sien hoe werkgeïntegreerde leer (in populêre terme 'proef') in mekaar se land gedoen word.  Gedurende Augustus en September het vier onderwysstudente van die Humboldt Universiteit in Berlyn die Universiteit Stellenbosch besoek en 'n deel van hul praktiese opleiding gedoen deur vier Bed US studente na Wes-Kaapse skole te vergesel.

 
Twee van die Duitse studente (Julia Ruleva and André Froelich) met US student Nicole Minnies by die school waar Nicole haar werkgeïntegreerde leer gedoen het. Foto: Publieke Domein

 

Die Duitste student in aksie by die skool.  Links is Sophia Dilba en Julia Schleiffer en regs André Froelich en Sophia Dilba.  Foto: Publieke Domein

Voor hul aankoms is vier derdejaarstudente van Stellenbosch gekies om met die Duitse studente saam te werk. Hierdie US-studente sal nou in Januarie 2020 na Berlyn vlieg om 'n deel van hul praktiese onderrig in Duitse skole te doen. Die studente van Stellenbosch is tans in hul derde jaar en is gekies op grond van hul idees oor en argumente vir meertalige onderwys.  Die suksesvolle studente wat in Januarie 2020 na Berlyn sal reis, is Delmé Barkhuizen, Nicole Minnies, Rozanne Theron en Alexa Plaatjies.


Prof. Christa van der Walt (middel agter) met die vier US studente wat na Berlyn sal vertrek in Januarie 2020: Delmé Barkhuizen, Nicole Minnies, Rozanne Theron en Alexa Plaatjies.  Foto: Publieke Domein​