Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US se Innovus speel gasheer vir bekendstelling van die Stellenbosch Netwerk
Outeur: Innovus
Gepubliseer: 08/11/2019

​Die Universiteit van Stellenbosch se Innovus maatskappy was Woensdag, 7 November 2019, die gasheer vir die bekendstelling van die Stellenbosch Netwerk: 'n kruis-sektorale en interdissiplinêre lidmaatskap-platform wat ten doel het om mense bymekaar te bring om mekaar te ontmoet, idees uit te ruil, samewerking, vennootskappe en entrepreneurskap aan te moedig.

Die netwerk beoog om die sake-gemeenskap, akademia, beleggers, navorsers, studente, klein-, medium- en mikro-grootte ondernemeings, plaaslike multinasionale ondernemings, kennis-instellings en plaaslike regeringsinstansies in 'n strukturele omgewing as 'n Stellenbosch-kennisstreek bymekaar te bring.

Soortgelyke netwerk-organisasies soos die Cambridge Network en die Leuven Mindgate het gewys dat hulle doeltreffend is om struktuur te verleen en verhoogde samewerking tussen die Universiteit, navorsingsentrums, tegnologie maatskappye en innoverende rolspeler in bekende kennisstreke te bewerkstellig.

“Ons glo die Stellenbosch Netwerk sal daardie beduidende finale bestandeel byvoeg wat nodig is om die waardeketting voltooi waarbinne 'n kennisstreek-ekonomie kan floreer," sê  Anita Nel, Hoofdirekteur vir Innovasie en Besigheidsontwikkeling aan die US.

Nel glo dat die Stellenbosch Netwerk idees-uitruiling tussen die verskillende sektore sal verbeter deur 'n forum vir interaksie te bied waar hulle kan saamwerk en saam skep. “Dit skep 'n unieke ekosistem en die perfekte teëlaarde vir maatskappye, entrepreneurs, beleggers en internasionale talent."

Die hoofspreker van die geleentheid, Professor Thuli Madonsela, voorsitter vir sosiale geregtigheid in die US se Fakulteit Regsgeleerdheid, het die organiseerders van die Netwerk geluk gewens met die inisiatief en die gehoor herinner oor hoe die krag van mense wat saamwerk die toekoms kan verander. “Ons kan nie die verlede verander nie, maar ons kan die toekoms skep," het Madonsela gesê toe sy na die netwerk verwys het as 'n geleentheid om mekaar te help om drome te verwesenlik.

Professor Daniel Malan, wat onlangs teruggekeer het van die Wêreld Ekonomiese Forum se Jaarlikse Vergadering van die Wêreldwye Toekomsrade, het insae gegee in die aansluiting van die netwerk met die wêreldkwessies wat as dringend en belangrik geïdentifiseer is.

Dit sluit in: om volhoubare en inklusiewe sakemodelle te vestig as nuwe politieke, ekonomiese en sosiale prioriteite wat handels- en verbruikerspatrone gaan verander; tegnologie wat die Vierde Industriële Revolusie aandryf sodat hulle besigheid en die gemeenskap bevoordeel en risiko's verminder; en hoe om aan te pas by demografiese, sosiale en tenologiese tendense wat onderwys, indiensneming en entrepreneurskap hervorm.

Die bekende KykNet aanbieder Kabous Meiring het ook 'n paneelbespreking gelei en vrae gestel aan plaaslike entrepreneurs. Ook op die paneel, was Camille de Villiers, 'n tegnologie oordrag beampte by Innovus, wie aanvanklik die behoefte vir 'n innoverende en entrepreneuriese netwerk vir Stellenbosch geïdentifiseer het.

Die stigterslede van die Stellenbosch Netwerk is die US,  Entersekt, Remgro Beperk, Capitec, Winetech, Wesgro, Nedbank en die WNNR se Technology Localisation Implementation Unit (TLIU). Sleutel-vennote is Innovus, Stellenbosch Munisipaliteit, Ranyaka en die Nedbank Stellenbosch LaunchLab. Die Netwerk word befonds deur Departement Wetenskap en Innovasie.

Die Stellenbosch Netwerk sal gereeld byeenkomste hou, soos onder meer sake-ontbyte, 'n reeks lesings en geleenthede wat lede self aanbied. Die webtuiste sal die nodige inligting oor die netwerk weergee en mense op hoogte hou van entrepreneurs- en innovasie-aktiwiteite op Stellenbosch.

Om 'n lid te word van die Stellenbosch Netwerk, besoek gerus die webtuiste by www.stellenboschnetwork.co.za . Lidmaatskapgelde wissel van R500 tor R10 000.

 

About Innovus

Innovus is die US se maatskappy wat interaksie en innovasie aandryf. Die maatskappy is verantwoordelik vir tegnologie-oordrag, ondersteuning en ontwikkeling van entrepreneurskap by the Universiteit. Die maatskappy bestuur die kommersiële sake van die Universiteit se innovasie en intellektuele eiendom portefeulje deur patentering, lisensiëring en die skep van nuwe maatskappye.

 

Besoek www.innovus.co.za vir nog inligting.

Vir navrae:

Hanli Brink

Bedryfsbestuurder | Stellenbosch Netwerk

E hanli@stellenboschnetwork.co.za