Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Internasionele erkenning vir Suid-Afrikaanse bewaringsbioloog
Outeur: Media & Communication, Faculty of Science
Gepubliseer: 15/10/2019

Prof Wendy Foden is die tweede Suid-Afrikaanse bewaringskundige om die George Rabb Award for Conservation Innovation van die Komissie vir Spesie-oorlewing (CSS) van die Internasionale Unie vir Natuurbewaring (IUCN) te ontvang.

Prof Foden, algemene bestuurder van Cape Nature's se Kaapse Navorsingsentrum en mede-professor by die Universiteit Stellenbosch, het die toekenning ontvang ter erkenning van haar “uitstaande innovasie en kreatiwiteit op die gebied van die bewaring van spesies", en ins besonder vir haar "dinamiese en bedagsame leierskap van die Kommissie vir Spesie-oorlewing se werk op klimaatsverandering".

Die toekenning, wat prysgeld van US$ 5 000 insluit, is op 9 Oktober 2019 tydens 'n leierskapsveragering in Abu Dhabi aangekondig. Mnr. Michael Hoffmann, tans by die Soölogiese Vereniging van London, het in 2015 die toekenning ontvang vir onder meer sy inspirerende leierskap van die IUCN se Rooi Lys Komitee.

Prof Foden is sedert 2012 voorsitter van 'n groep van 50 deskundiges vanoor die hele wêreld wat die IUCN se Spesiesoorlewingskommissie adviseer oor hoe om die impak van klimaatsverandering op biodiversiteit te verminder. Hierdie komitee, genaam die Climate Change Specialist Group, het ook 'n voorsitterstoekenning ontvang vir hul bydra tot die SSC se strategiese planne gedurende 2017 en 2018. navorsingsuitsette. Meer as 8 000 spesialiste van 164 spesialisgroepe is betrokke by 'n wye omvang van aktiwiteite om die IUCN te ondersteun. Twee ander groepe, wat deur Suid-Afrikaners gelei word, het ook die voorsitterstoekenning ontvang: die Kraanvoël Spesialisgroep onder leiding van Kerryn Morrison, bestuurder van die Bewaringsprogram vir Afrika Kraanvoëls, en die Afrika Renoster Spesialisgroep, onder leiding van die wildlewe ekoloog, dr. Mike Knight.

Prof Foden sê sy is dankbaar om op hierdie manier erkenning vir haar werk te ontvang, en wil graag van die geleentheid gebruik maak om klem te plaas op pogings om klimaatsverandering stop te sit: "Daar moet erkenning wees vir die geweldige belangrike rol wat die natuur speel om ons te help om klimaatsverandering te verminder, veral die kommerwekkende impakte wat klimaatsverandering reeds op die omgewing het." 

Sy herbeklemtoon die IUCN se dringende beroep om die wêreld se regerings, internasionale agentskappe en die privaatsektor om teen 2030 die uitwissing van spesies weens menslike aktiwiteite te voorkom. Klik hier vir 'n mediaverklaring oor die Abu Dhabi Call for Global Species Conservation Action.