Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SUNCEP en Ekspo vir Jong Wetenskaplikes: 20 jaar van 'n trotse verskil maak
Outeur: Mrs Erika Hoffman
Gepubliseer: 14/10/2019

In 2019 het die Stellenbosch Universiteit Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP) 20 jaar van koördinering van die Stellenbosch Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes gevier.  Gedurende hierdie tyd het altesaam 5 503 leerders, wie 3 298 projekte vertoon het, op streeksvlak deelgeneem.  Oor die afgelope 20 jaar het 415 leerders met 332 projekte die Stellenbosch streek by die nasionale ekspo verteenwoordig. Van hierdie 332 projekte het 269 medaljes verower, 52 projekte het spesiale pryse verower en 16 projekte is as die beste in hul kategorie aangewys.  In hierdie tyd het 21 leerders uit die Stellenbosch streek ook Suid-Afrika in oorsese Wetenskapkompetisies verteenwoordig!

Van 24 - 27 September 2019 het die Eskom Ekspo Internasionale Wetenskap Uitstalling (ook bekend as die "International Science Fair" of ISF) in die Birchwood Hotel and Konferensiesentrum in Boksburg plaasgevind.  Die ISF het die helderste jong wetenskaplikes van regoor Suid-Afrika, Namibië, Kenia, Ghana, Mosambiek, Ethiopië, Tanzanië, Mexiko, Turkye en Uganda byeengebring.

Leerders het in 13 kategorieë deelgeneem wat onder andere landbouwetenskap, chemie, rekenaarwetenskap, energie, omgewingstudies, ingenieurswese en sosiale wetenskappe ingesluit het.  Die leerders van die Stellenbosch-streek het daarin geslaag om drie bronsmedaljes, agt silwermedaljes, een goue medalje, een leerder 'n kategoriewenner in te palm.

Die Stellenbosch-streek het vier spesiale pryse gewen:

  • Mgutsi Batandwa het beurse van Eskom en Siemens ontvang vir sy projek oor die ontwikkeling van 'n virtuele-klas platform met 'n lae begroting.
  • Katleho Baartman het 'n tablet en 'n opgradering van R25 000 ontvang vir die laboratorium by sy skool, Hoërskool Zwelethemba, vir sy projek wat 'n prototype bril ontwikkel het om blindes verby hindernisse te help.
  • Chilandri Muller het die invloed van magnesium op ATP-produksie in mitochondria ondersoek en die Royal Society of Chemistry het vir haar navorsing haar met 'n spesiale prys van R8 000 beloon.

 

“Om aan die kompetisie deel te neem, rus leerders nie net toe met goeie wetenskaplike en tegnologiese vaardighede nie, maar dit help hulle ook om op 'n toekomstige loopbaan te besluit, hul lewensvaardighede aan te vul en hul selfvertroue aan te wakker. Ekspo gaan daaroor om verandering te bring in die manier waarop kinders oor die wetenskap en hul loopbaankeuses dink en om kritiese, buite-die-boks-denke te vestig.  Dit gaan daaroor om in leerders te belê omdat dit ons toekoms is, en dit is diegene wat die oplossings vir die huidige probleme in die wêreld moet ontdek. "