Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
IT-onderhoud: Naweke van 30 Augustus en 6 September
Outeur: IT Communication
Gepubliseer: 15/08/2019

Oor die volgende maand sal Informasietegnologie oor naweke ​onderhoud uitvoer op bedieners en stelsels. Daar sal gevolglik tye wees wanneer stelsels nie beskikbaar is nie.

Naweek van 31 Augustus: Kritiese onderhoud vind Saterdag, 31 Augustus, vanaf 07:00 tot Sondag, 1 September om 13:00 plaas.

ʼn Groot aantal funksies en toepassings sal gedurende hierdie tydperk nie beskikbaar wees nie. Dit sluit, onder andere in: Finansiële Dienste; Studente-administrasiedienste; etebesprekings; roosters; wagwoordverandering; eBetalings en eAansoeke.

Naweek van 6 September: Kwartaallikse, geskeduleerde onderhoud vind plaas vanaf 22:00 Vrydag, 6 September tot 08:00 Maandag, 9 September. Verskeie stelsels en dienste sal gedurende hierdie tydperk sporadies nie beskikbaar wees nie.

Weens die omvangryke onderhoud en die noodsaaklikheid vir deeglike toetsing van stelsels en dienste kan onderbrekings ook voortduur in die daaropvolgende week.

Wees verseker dat ons alles binne ons vermoë sal doen om onderbrekings tot die minimum te beperk. Vir navrae kontak asb. die IT Dienstoonbank by 021 808 4367 of meld ʼn versoek aan op die ICT Partner Portal.