Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
The Telematiese Skole-projek
Outeur: Christina Harvett
Gepubliseer: 11/11/2020

Telematika is die vermenging van inligting- en telekommunikasietegnologieë om inligting oor groot netwerke oor te dra. Leerders, ongeag hulle ligging, is in staat om met onderwysers in volle interaktiewe virtuele leerruimtes te kommunikeer. 

 

Die Telematiese Skole-projek is 'n gesamentlike inisiatief van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en die Universiteit Stellenbosch om onderwys deur middel van tegnologie te implementeer. Die projek bied lesse via satelliet en regstreekse stroming aan vir leerders in grade 10 tot 12. 

Alle skole regoor Suid-Afrika trek voordeel uit die interaktiewe middaguitsendings, wat fokus op moeilike konsepte in vyftien kernvakke. Leerders kan via WhatsAppFacebook, Messenger en e-pos vrae aan die aanbieder in die ateljee stel. 

 

Skole kyk na die regstreekse uitsendings deur middel van satelliettoerusting wat by hulle geïnstalleer is of oor die Internet. 

 

Geïnstalleerde satelliettoerusting werk goed vir plattelandse skole of skole sonder stabiele breëbandinternet. Sommige skole sonder geïnstalleerde toerusting stroom ook die lesse, want dit stel die skool in staat om verskeie klaskamers te gebruik om 'n groot aantal leerders te akkommodeer. 

Deur via die Internet te kyk, kan leerders die uitsending by die skool of van die huis af bywoon. Hulle kan na die uitsendings kyk vanaf enige plek waar hulle aan die Internet kan koppel. 

 

Innovasie gedurende die grendeltydperk 

 

Die Telematiese Skole-projek het ontwikkel tot 'n omvattende aanlyn- en intydse hulpbron waardeur regstreekse lesse op verskeie kanale uitgesaai word en op enige tydstip toegang tot lesse bied via 'n nul-gegradeerde webwerf wat leerders toegang gee tot die video's sonder dat hulle vir data hoef te betaal. 

 

Leerders word bemagtig om hulself op die gemoderniseerde webwerf te registreer en die materiaal op hul eie tyd deur te werk. Inhoud kan na leerders gestoot word op grond van hulle persoonlike vakkeuses. Die spesifikasie en ontwerp van hierdie innovasie is een van die modernste aanlyn-intydse programme vir leerderondersteuning en -onderrig ter wêreld. 

  

Die Telematiese Skole-projek het tydens die landwye grendeltydperk 'n waardevolle bron gewordToe die skole gesluit was, kon die vakinhoud wat leerders gewoonlik gedurende die kwartaal deurwerk, uitgesaai en direk op die webwerf gelaai word. Al die vorige uitsendings, werkboeke, memorandums en stroomskakels is op die Telematiese Skole-webwerf beskikbaar. 

 

'n Omvattende matriekhersieningsprogram is ook tydens die grendeltydperk gestroom. Die matriekhersieningsprogram is 'n nuwe inisiatief wat bestaan ​​uit video's en materiaal in 17 vakke wat al die werk vir die jaar saamvat om die voorbereiding vir die eksamen te vergemaklik. 

 

Die biblioteek van vorige uitsendings word deur die nasionale DBO gebruik as deel van die WOZA-matriekprogram, wat lesse op SABC- en DStv-televisiekanale beskikbaar stel vir leerders wat nie toegang tot die Internet het nie. 

  

Die program kon groei en verbeter namate tegnologie verander het. Facebook se video-uitsendings was 'n natuurlike uitbreiding om meer leerders en onderwysers te bereik. Facebook word gebruik as 'n kommunikasie-instrument waardeur belangrike datums, video's en inligting gedeel word. Facebook is ook toepaslik, aangesien dit in die "gratis modus" gebruik kan word, wat dit moontlik maak vir leerders sonder data om ook deel te neem. 

  

Die uitsendings word ook stelselmatig in kleiner videogrepe verpak wat op die WKOD ePortal vir beide onderwysers en leerders gelaai word. Onderwysers word aangemoedig om hierdie snitte in hul eie lesse te gebruik. 

 

Belangrike punte om te onthou: 

 

4stepsAFR.png 

  

Picture3.png

 
Leerders en onderwysers kan registreer om toegang tot die webwerf te kry deur die volgende vorm in te vul this online form.  

 Picture4.png

Indien jy al voorheen registreer het maar het jou aanteken-wagwoord vergeet, kan jy 'n e-pos stuur na school@sun.ac.za vir hulp.

Die uitsaairooster is op die Telematiese Skole-projek webwer​​f beskikbaar.​

 Picture5.png

 
Website: schools.sun.ac.za ​

Picture6.png