Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Interfakultêre Pret met Onderrig
Outeur: CTL
Gepubliseer: 24/06/2019

Sewe-en-sestig nuutaangestelde akademici van al 10 fakulteite het byeen gekom vir die eerste interfakultêre kontaksessie van PRONTAK (Professionele Ontwikkeling van Akademici) op 22 Mei 2019 by STIAS.  Die dag se tema was SU se leer en onderrig “uit die box" en die program is ontwerp om te wys hoe leer en onderrig aktief en pret kan wees.  Netwerkgeleenthede is geskep om deelnemers kans te gee om met mekaar te gesels en om self na te dink oor hulle eie onderrig.

PRONTAK is onlangs herontwerp om sewe fases te vorm.  In fase 1 het deelnemers bestek geneem van hul eie perspektief op onderrig, by wyse van 'n aanlyn proses. Hulle het daaroor reflekteer en dit met mekaar bespreek op die elektroniese leerplatform.

​Die tweede fase het vir deelnemers 'n geleentheid gegee om hulle modules te analiseer in 'n visuele proses wat leer, onderrig en assessering ontleed.  Die kontaksessie by STIAS was fase 3, met die fokus op die ontwerp van leergeleenthede.

“Wonderlike maniere van werk met die inhoud.  Beslis prettige 

maniere om die kernfunksies van leer en onderrig te verstaan."

Toe deelnemers by STIAS aankom daardie oggend, is hulle verras met 'n spotprenttekenaar, gereed om elkeen te teken en die boodskap oor te dra:  Leer moet pret wees.  Eenvoudige houers vol lekkergoed en helder blomme het gehelp om die boodskap oor te dra om “buite die box" te dink en hulle eie onderrig op nuwe maniere te sien. 

artists Predac 220519.pngartist concept PREDAC 220519.png

Gedurende die sessies het 'n konsepkunstenaar die inhoud in visuele kernpunte oorgedra.

“Die goue draad van 'leer met pret' dwarsdeur 

die hele dag, ook die spotprente.  

Nico se tekeninge en die aktiwiteite."

Dr Antoinette van der Merwe (Senior Direkteur, Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking) het die eerste sessie afgeskop deur nuwe dosente by SU welkom te heet en te verduidelik hoe die universiteit 'n bevorderende en instaatstellende omgewing daarstel sodat onderrig en leer kan gedy. 

avdm 220519.png


Vir die tweede sessie is deelnemers gevra om hulle te verbeel hulle is in 'n Doseer 101 klaskamer.  Hulle moes oplet hoe “die dosent" 'n origami box vou en self 'n boxie maak van origami.  Hulle leerervaring is toe analiseer aan die hand van ervaringsleer, selfbeskikkingsteorie en aktiewe-leerbenaderings.  Aan die einde van die sessie het hulle hierdie leerervaring toegepas op hulle eie onderrigkontekste.

“Ek leer sommer baie meer as wat ek verwag het 

en kan nie wag om party van die dinge

in my module te implementeer nie."

Na 'n breek vir verversings het hulle deelgeneem aan 'n  koöperatiewe leeraktiwiteit om akademiese artikels te lees en bespreek oor die teorieë, beginsels en benaderings wat hulle in die eerste sessie beleef het. 

acooperative learning PREDAC 220519.jpganetwork PREDAC 220519.png

In die middagsessie het deelnemers in hulle fakulteitsverbande saamgewerk om leergeleenthede te ontwerp wat knelpunte in hulle modules aanspreek.  Hierdie knelpunte het opgeduik uit die werk wat hulle gedoen het om hulle modules te analiseer in fase 3.  

Die dag is afgesluit met 'n onstpannende kuier rondom verversings “uit die box" terwyl deelnemers kon nadink en kontakte opbou op maat van 'n marimbagroep se musiek.  Deelnemers sal fase 4 van PRONTAK voortsit na die semestervakansie en weer saamkom by STIAS op 9 September 2019 vir die tweede interfakultêre kontaksessie.

Vir navrae oor PRONTAK, skakel Claudia Swart-Jansen van Vuuren by claudias2@sun.ac.za of

kliek hier.

 

Foto 1:  Besige PRONTAK deelnemers in 'n aktiewe leerondervinding op 22 Mei 2019.

Foto's 2 & 3:  Die spotprenttekenaar en die konsepkunstenaars gee kans vir nadenke op 'n ligte noot.

Foto 4:  Dr Antoinette van der Merwe en 'n PRONTAK deelnemer in gesprek oor die balans tussen die akademikus se navorsings- en onderrigrolle.

Foto's 5 & 6:  PRONTAK deelnemers werk saam in die koöperatiewe leeraktiwiteit tydens die oggendsessie en ontspan saam later.


 

Aanhalings in rooi kursief kom uit PRONTAK deelnemers se anonieme terugvoer op 22 Mei 2019, uit Engels vertaal.​