Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US steun terugtrekking van vaktydskrif-artikel
Outeur: Stellenbosch University
Gepubliseer: 03/05/2019

Die Universiteit Stellenbosch steun ten sterkste die terugtrekking van die artikel Age- and education-related effects on cognitive functioning in Coloured South African women deur 'n internasionale vaktydskrif.

Die redakteurs en uitgewers van Aging, Neuropsychology, and Cognition, het die besluit geneem om die artikel terug te trek. Luidens hul verklaring het hulle regdeur die proses met die outeurs oorleg gepleeg en dat hulle (die outers) met die terugtrekking saamgestem het. Die verklaring lui voorts dat hoewel die artikel deur portuur-vakkundiges beoordeel is en kragtens die joernaal se beleid vir publikasie aanvaar is, daar intussen ernstige gebreke in die metodologie en die verslagdoening oor die oorspronklike navorsingstudie uitgewys is.

“Ons steun die terugtrekking op grond van ons eie voorlopige bewyse," sê prof Cloete, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies. “Ons omvattende ondersoek na alle fasette van die studie gaan nietemin voort."