Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe Bos Navorsings Eenheid
Outeur: Simon Ackerman
Gepubliseer: 28/03/2019

​Die Bos en Houtkunde Departement het 'n strategiese en tenvolle befonsde vennootskap gevorm met SAPPI, Mondi en York deur die stigting van 'n gespesialiseerde Bos Operasies Navorsing Eenheid (FOR).  Dit is onder leiding van Simon Ackerman, voormalige navorsingswetenskaplike by die Instituut vir Kommersiële Bosbounavorsing. Ackerman is 'n wyd gerespekteerde navorser en bring 'n uitgebreide navorsingsnetwerk vir FOR en die bedryf wat tot voordeel sal wees aan al die bedryf vennote. FOR is gestig aan die begin van Julie verlede jaar en sal deel wees van die Bosingenieurswese/Bedryfsdissipline in die Departement van Bos and Houtkunde. 

FOR sal op hoëvlak navorsing konsentreer en komplementeer US se langstaande samewerking met die bosboubedryf. Dit sal gebruik maak van nuwe ontwrigtings tegnologieë en analitiese metodologieë, in die vorm van "Groot Data analise" om besluitneming te help binne die bosbou verskaffingsketting. 

FOR se hoof doelwitte sluit in; navorsing oor kompartement karakterisering en die effek op die einde van rotasie prosesse en die bosbou waarde ketting; vervulling van die rol as Suid-Afrikaanse koördineerder by die EU 2020 Tech4Effect-inisiatief en behoud van die vennootskap met NIBIO deur die projek, en voortgaande bydra tot die bestuur en uitvoering van die produktiwiteits-verbeteringsinisiatief wat ontwikkel is deur die US in 2015. FOR sal ook dien as 'n hulpbronbasis vir die toets van trending tegnologie en tegnieke, en sal aanspreek korter-termyn navorsingsvrae van bedryfsvennote.