Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Oop-aande - SU botaniese tuin
Outeur: Viola Calitz
Gepubliseer: 07/02/2019

​Lede van die pulbiek word genooi om die 2-nagtelike blomtyd van die victoria cruziana waterlelie te beleef.  Die eerste aand van die ontluiking van die blomkop ontplooi dit in 'n groot sagte-wit blom, net om die volgende dag onderwater te verdwyn en dan weer die tweede aand op te kom om te ontvou in pragtige skakerings van donker pienk.  Daarna verdwyn die blomkop heeltemal.  Dit is 'n merkwaardige skouspel en slegs hier in Suid afrika te besigtig.  Die tuinwinkel sal vir hierdie drie aande oop wees asook die Katjiepiering Restaurant - bespreking informasie by https://woordfees.co.za/event/kom-kyk-hoe-blom-die-waterlelies-snags​