Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Eenheid vir Gelykwaardigheid ontvang besoekers van die Universiteit van New York
Outeur: Dumile Mlambo
Gepubliseer: 10/10/2018

- Verlede maand het die Eenheid vir Gelykwaardigheid  (EvG) by die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling die eer gehad om twee besoekers van die Universiteit van New York se kantoor van Globale insluiting, diversiteit en strategiese innovasie te ontvang.

Dr Lisa Coleman (Senior Visepresident: Kantoor van Globale Insluiting, Diversiteit en Strategiese Innovasie - NYU) en mnr. Monroe France (MedeVisepresident: Kantoor van die VP vir Studentesake - NYU) is verwelkom deur 'n span van die Eenheid vir Gelykwaardigheid , mnr. Jaco Greeff Brink (Hoof), Mev Qaqamba Mdaka (Gevalkoördineerder) en Dumile Mlambo (Kommunikasie- en Navorsingskoördineerder).

Die groep het kennis, kundigheid, suksesverhale en uitdagings bespreek; asook hoe hulle vertaal kan word in tasbare uitkomste vir beide universiteite. Nog 'n oorhoofse punt van bespreking was die moontlike samewerking tussen die twee universiteite, veral rakende sosiale geregtigheid en transformasie by hoër onderwys instellings.

Volgens mnr. Brink was dit opwindend om 'n afvaardiging van een van die top-gegradeerde universiteite te ontvang en om insigte en ervarings op die gebied van sosiale geregtigheid, diversiteit en insluiting te deel.

"Die werk wat hulle al dekades lank in hierdie area verrig, is baie relevant in ons plaaslike konteks. Ons kan baie uit hul werk leer om die gehalte van ons dienste aan die US-gemeenskap te verbeter", het Brink gesê.

Dit is 'n deurlopende poging van die EvG om die US se internasionaliseringstrategie te bevorder, soos ondersteun deur een van die ses temas van die Strategiese Raamwerk 2019 - 2024 - "Doelgerigte vennootskappe en inklusiewe netwerke".