Die toppresteerders in Toegepaste Wiskunde is onlangs vir hul harde werk beloon met sertifikate en boekpryse wat deur Cambridge University Press geborg is.
Dario Trinchero was ongetwyfeld die beste eerstejaarstudent met 'n gemiddeld van 100% vir 2017, terwyl Freddie Ryk de Villiers en Emma Catherine King beide 'n gemiddeld van 91% vir hul tweedejaar gehandhaaf het. Die beste derdejaarstudente was Jeandré Boshoff en Esmari Maré, en die beste BScHonneurstudente was Shane Josias en Peter Thompson.
Die Toegepaste Wiskunde-afdeling het veral Cambridge University Press bedank vir hul volgehoue ondersteuning die afgelope paar jaar.
Op die foto, van links na regs, Esmari Maré, Emma King, Freddie Ryk de Villiers, Shane Josias, Jeandré Boshoff, Peter Thompson, Professor Francois Smit (Afdelingshoof: Toegepaste Wiskunde) en, Dario Trinchero.