Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Militêre sielkundiges bevorder soldate se welwees
Outeur: Corporate Communication / Korporatiewe Kommunikasie [Alec Basson]
Gepubliseer: 24/08/2018

Militêre sielkundiges lewer ʼn konstruktiewe bydrae tot die lewens van soldate en hul families om die ons land en die kontinent te beskerm.

Só het prof  Gideon van Dyk van die Departement Bedryfsielkunde in die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch op Donderdag (23 Augustus 2018) gesê. Hy het sy intreerede getiteld Military psychology: contributions and challenges in the 21st century in Africa gelewer.

Van Dyk het gesê die weermag is ʼn uitdagende loopbaan wat gekenmerk word deur trauma, risiko's, emosies en ʼn hoë op soldate en komplikasies om goeie besluite sonder die nodige inligting te neem.

“Soldate mag opofferings maak wat dood, fisiese beserings en/of amputasies of toestande soos angsversteuring, depressive, stres en post-traumatiese stresversteuring tot gevolg kan hê.van dyk.jpg

"Militêre sielkunde kan 'n belangrike rol speel voor, tydens en ná die ontplooiing van soldate."

Van Dyk het gesê militêre sielkunde is relevant in Afrika en het reeds belangrike nasionale en internasionale bydraes gemaak.

Daar is egter steeds 'n paar uitdagings wat militêre sielkundiges in die gesig staar, het hy bygevoeg.

“Eerstens verander die aard van oorlog gedurig. Militêre sielkundiges moet die uitdagings en eienskappe van nuwe oorloë ontleed; die bevindinge omskep in profiele wat geskik is vir soldate se werk omskep; faktore soos emosionele-, kulturele- en elektroniese intelligensie in berekening bring; meer leiers ontwikkel; en leerstellings en die organisatoriese kultuur verander."

“Militêre sielkundiges moet soldate oplei sodat hulle die nodige kennis en vaardighede het om trauma te hanteer. Verder moet militêre sielkundiges 'n benadering in 'n holistiese raamwerk ontwikkel om trauma te bestuur en behandel."

“Militêre sielkundiges moet ook leiding neem wanneer dit gaan oor navorsing rakende die gereedheid vir oorlog en oor genderkwessies. Verder moet hulle soldate se onverskrokkenheid vóór operasies so goed as moontlik ontwikkel om hulle gereedheid vir oorlog en geestesgesondheid te handhaaf."

Van Dyk het ook die belangrikheid van leierskap beklemtoon en gesê dit dien as buffer om gereedheid vir oorlog te verbeter en 'n soldaat se geestesgesondheid te beskerm.

Hy het gesê bevelvoerders in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag moet soldate behoorlik bestuur om te verseker hulle spandeer genoeg tyd in hul eenheid en met hul gesinne.

Van Dyk het die behoefte aan ʼn sentrum vir militêre sielkunde, militêre etiek en militêre leierskap in Suid-Afrika en Afrika beklemtoon.

  • Hooffoto-krediet: Pixabay.
  • Foto 1: Proff Sam Tshehla, Dekaan van die Fakulteit Krygskunde, Gideon van Dyk, en Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, by die intreerede.

​