Die Departement
Grondkunde het die Afrika-Gekombineerde Kongres 2018 van die Grond- en
Plantverenigings van Suid-Afrika by Ratanga Junction in Kaapstad bygewoon
tussen 15-18 Jan. 2018. Twee van ons nagraadse studente het die
Grondkundevereniging van Suid-Afrika toekennings ontvang vir hul navorsing
referate aangebied tydens die kongres. Mnr Adrian Adams het die toekenning vir
Beste Grondkunde-referaat aangebied deur 'n navorser jonger as 30 jaar ontvang
vir sy referaat: “Lipied humification by soil minerals” met mede-outeure C.E.
Clarke en A.G. Hardie. Mnr. Sikho Gobozi het die toekenning vir beste referaat aangebied
deur 'n MSc-student ontvang vir sy referaat: “Evaluation of organic smallholder farmer soil
amendment practices on soil fertility, broccoli yields and mineral nutrients”
met mede-outeure A.G. Hardie. Goed
gedoen aan al ons studente vir hul uitstekende aanbiedings!