Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Valskodlingmot larwe identifikasie
Outeur: Dr. Corey Bazelet
Gepubliseer: 10/01/2018

Valskodlingmot (VKM) is een van Suid-Afrika se mees skadelike landbou peste en veroorsaak jaarliks aansienlike skade aan sitrus, perskes, nektariens, appels en vele ander gewasse. VKM kom natuurlik voor in Suid-Afrika, maar is wydverspreid oor Afrika en dele van die Midde-Ooste. VKM het nognie suksesvol gevestig in Europa nie en beheerliggame in Europese lande is bekommerd dat dit ‘n ernstige pes sal word in hul kommersiële gewasse as dit daar sou aankom. Die Europese Unie monitor daarom vrugte vanuit Suid Afrika baie noukeurig. As selfs ‘n enkele VKM gevind sou word, kan die hele versending geweier word en terug gestuur word na Suid-Afrika, met negatiewe finansiële gevolge vir die Suid Afrikaanse vrugte industrie.

In Suid-Afrika is VKM egter een van omtrent ses mot spesies wat almal redelik algemeen is in vrugteboorde en op die oog af baie eenders lyk. Volwasse motte het gewoonlik patrone op hul vlerke wat hul maklik maak om te identifiseer, maar die ruspes (larwes) van die motte veroorsaak eintlik meer skade aan gewasse deur in die vrugte in te boor of deur die blare te kou en is moeiliker om te identifiseer as die volwasse motte. Identifikasie van die ruspes  vereis gewoonlik dat hul ondersoek word met ‘n mikroskoop, asook ‘n sekere vlak van opleiding en kennis om die spesie korrek te identifiseer. Omdat die EU toenemend streng regulasies implementeer teen VKM, maar nie teen ander motte wat nie ‘n gevaar is vir Europese gewasse nie, is dit belangerik om VKM korrek te kan identifiseer.

In November 2017 is twee opleiding sessies aangebied deur die Departement van Bewaringsekologie en Entomologie van Universiteit van Stellenbosch se Geïntegreerde Pes Bestuur (bekend as IPM) Inisiatief. In hierdie sessies het Matthew Addison van Hortgro ‘n gedetailleerde verduideliking aangebied van die nuwe moniteringsprotokol wat ontwikkel is vir die opspoor van VKM. Daarna het Dr. Pia Addison besonderhede aangebied oor die biologie, versameling en identifikasie van VKM larwes. Dr. Addison en Dr. Corey Bazelet het daarna die verskeie hulpmiddels vir die identifisering van mot larwes gedemonstreer. Sommige van hierdie hulpmiddels was ontwikkel spesifiek vir hierdie opleiding sessies. Laastens was deelnemers die geleentheid gegee om die hantering, preservering en identifisering van larwes te oefen met gebruik van stereomikroskope, voorbeelde en die beskikbare hulpmiddels.

Deelnemers van die twee opleidingsessies het 29 verteenwoordigers ingesluit van maatskappye wat landbou produkte verskaf, privaat konsultante en vrugte produsente. Alle deelnemers het ‘n ‘starter kit’ ontvang vir die versameling van voorbeelde, asook ‘n plakkaat wat die diagnostiese kenmerke van VKM aandui, ‘n pamflet vir die identifikasie van die ruspes wat mees algemeen verwar word met VKM larwes en ‘n geheuestokkie met die digitale identifikasie hulpmiddel wat ontwikkel was as deel van die MSc tesis van Me. Monique Rentel in 2012.

In gevalle waar ‘n ruspe hewig beskadig is of eers onlangs uitgebroei het, is VKM identifikasie met gebruik van mikroskope nie altyd moontlik nie. In hierdie gevalle is die strepieskodering van DNA die mees betroubare tegniek om te gebruik. Indien u hulp benodig met die identifisering van ‘n ruspe wat u vermoed is ‘n VKM larwe, of as u ‘n opleidingsessie wil bywoon of identifikasie hulpmiddels en materiaal wat in hierdie werkswinkel verskaf is wil ontvang, kontak asseblief vir Dr. Corey Bazelet (cbazelet@sun.ac.za) of Dr. Pia Addison (pia@sun.ac.za).