Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerste Transformasie Indaba bewys personeel, studente se verbintenis tot verandering
Outeur: Frieda le Roux
Gepubliseer: 07/12/2017

​Meer as 100 personeellede en studente het die eerste Transformasie Indaba, aangebied deur die Universiteit Stellenbosch se Transformasie Kantoor op 29 November 2017 bygewoon. Die Indaba het Universiteit-belanghebbers en transformasie komitees byeengebring om hul ervarings en werkswyses te deel, om oor geleenthede te besin wat die Transformasieplan kan verder voer, en om aanbevelings te maak aan die Institusionele Transformasie Komitee vir die steun wat nodig is om die Transformasieplan in 2018 werklikheid te maak.

Die eendaagse Indaba het bestaan uit ses tematiese aanbiedings van verskillende kenners uit die Universiteit. Die temas het ingesluit die stand van transformasie in Hoër Onderwys, leierskapslesse, dekolonisasie van die kurrikulum, visuele regstelling, universele toegang vir dié met gestremdhede, aanspreek van die verkragtingskultuur en bou van 'n bemagtigende klimaat en kultuur.

“Die energie en eensgesindheid van 'n gemeenskap wat bereid is om die verantwoordelik vir transformasie te deel was kragtiger as enige dokument of aanbieding," aldus Monica du Toit, Hoof van die Transformasiekantoor. “Ons het onmiddellik besef dat deelnemers gekom het om bydraes te maak en te besin en dat die toegewese tyd nie genoeg sou wees nie. Wanneer personeel en studente hierdie tipe steun wys ná 'n jaar van uitdagings en harde werk, spreek dit vanself."

Prof André Keet van die Ministeriële Transformasie Oorsigkomitee het benadruk die Universiteit Stellenbosch is in die ideale posisie om sigself te skok en met dapperheid op te tree in 2018. Prof Jimmy Volminck het leiers aangemoedig om aan te hou luister na personeel en studente, en vorige foute te erken en daaruit te leer. Die Indaba het ook blootstelling gegee aan die werk van ondernemede personeel, soos die Decolonize STEM-werkgroep, en deelnemers het aanbeveel dat die volgende Indaba moet erns maak met aanbiedings van en deelname deur studente.

Volgens Dr Leslie van Rooi, Senior-direkteur vir Sosiale Impak en Transformasie, het die Indaba gewys hoe ver ons gevorder het. “Dit wys vir ons waarop ons moet fokus, wat ons meer en wat ons minder van moet doen. Maar ook meer as dit. Dit laat die groter universiteitsgemeenskap toe om saam te werk aan 'n nuwe US wat gestalte wil gee aan sy visie en missie juis omdat dit ons in staat stel om almal deel van die transformasie-proses te wees."

Kommentare van deelnemers:

“Die werklike waarde was in die saamkom as 'n gemeenskap met 'n gedeelde visie van 'n meer gelyke kampus, om te deel in suksesse, en die weg vorentoe vir al die verskillende belanghebbers."

“Die inisiatief was bemoedigend, miskien juis omdat ons meer praat oor die behoefte aan transformasie as om dit te doen. Hierdie was 'n praktiese stap vorentoe en het dieselfde aan ander gewys. Dit was ook goed om die mense op kampus te sien wat hard werk aan 'n beter omgewing."

“Baie dankie vir al die moeite hierdie tyd van die jaar. Meer geleenthede om te deel met ondersteunings- en akademiese personeel moet gesekp word sodat almal kan deelneem. Silo's werk nie en in vandag se tyd moet ons komplementerend saamwerk."