Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US grondkundiges vier Wêreld Grond Dag in Moskou, Rusland
Outeur: AG Hardie and A Rozanov
Gepubliseer: 28/02/2017

Drie dosente van die US Departement Grondkunde: Drs. C. Clarke, A. Hardie en A. Rozanov is genooi aan om die Wêreld Grond Dag (5 Des 2016) ronde tafel bespreking oor voedselsekuriteit deel te neem, wat aangebied was deur die Timiriazev Landbou Akademie en ondersteun deur die Urasien Sentrum vir Voedselsekuriteit, Wêreldbank en FAO. Me Liesl Wiese ('n PhD-student aan die Departement Grondkunde, US) het ook die ronde tafel bygewoon as die verteenwoordiger van die Globale Grond Vennootskap, wat befonds word deur die FAO. Die hooffokus van die bespreking was oor die probleme van die opleiding van grondkundiges in Afrika en Asië om die uitdagings van grondagteruitgang en volhoubare intensivering van grondbestuur in die gesig staar. Die Stellenbosch-aanbiedings is goed ontvang en verdere samewerking in hierdie rigtings sal na verwagting tussen die Universiteit Stellenbosch, ECFS, FAO en RUFORUM.

Gedurende die Wêreld Grond Dag vierings het die grondmuseums van Wageningen (Nederland), St Petersburg en Moskou (Rusland) hulle navorsing, data-insameling en opvoedkundige programme vir die algemene publiek en skoliere aangebied. Die ervaring van die voorste grondmuseums sou nuttig in die bevordering van die Suid-Afrikaanse Terroirs, veral in wynmaak streke van die land wees.