Dr Josephine Kaviti Musango het die Toekenning vir die Beste Bydrae op die Gebied van System Dynamics op die 4de Jaarlikse System Dynamics Conference (4ASDC) ontvang, wat op 17-18 November 2016 plaasgevind het. Die Toekenning vir die bydrae op die Gebied van System Dynamics gee erkenning aan die bydrae van individue wie se werk help om hierdie vakgebied te definieer.
Vir die afgelope 10 jaar, het dr. Musango dinamiese stelsels ingespan om 'n begrip te kry van hulpbronbestuur en verwante uitdagings met inbegrip van die assessering van energie, analise van die vloei van hulpbronne, assessering van tegnologie, groen ekonomie, en kwessies wat betrekking het op Afrika se stedelike hulpbronne.
Dr. Musango is 'n aktiewe lid van die International System Dynamics Society en dra sedert 2009 by tot die vereniging as beide skrywer en resensent van die referate wat op die jaarlikse konferensie gelewer word. In samewerking met prof. Alan Brent van die departement Bedryfsingenieurswese, het sy twee System Dynamics Modelling Modules by die School of Public Leadership se Volhoubare Ontwikkelingsprogram bekendgestel, nl.(i) Introduction to System Dynamics Modelling, in 2010; en (ii) Advanced System Dynamics Modelling, in 2015.
Dr Musango is een van die stigterslede van South Africa System Dynamics Chapter wat in 2014 tot stand gekom het. Sedertdien tree sy op as Organisering-Sekretaris. Op die 4de Jaarlikse System Dynamics Conference, was sy medeskrywer van 7 referate wat gelewer is.
Om te registreer en meer te wete te kom van die South Africa System Dynamics Chapter, gaan asseblief na: www.systemdynamics.org.za of e-pos: info@systemdynamics.org.za