Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FGGW blink uit by konferensie oor onderrig en leer
Outeur: Wilma Stassen
Gepubliseer: 22/11/2016

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) het uitsonderlik presteer by die Universiteit Stellenbosch se konferensie oor die Vakkundigheid van Onderrig en Leer wat onlangse in Somerset Wes gehou is.

Amper 'n kwart (22%) van die artikels wat ingedien is vir die konferensie se eerste outere is van die FGGW. Die artikels het op verskeie aspekte van die gesondheidsberoepe-onderwys gefokus.

Drie van die ses abstrakte wat die kortlys gehaal het, was van die FGGW. Dit was:

  1. A practice-based approach to interprofessional education deur Jana Muller en Helta Jordaan.
  2. Implementation of an integrated ePortfolio deur Mariette Volschenk.
  3. Towards an evidence-based framework for clinical training on a rural platform deur Susan van Schalkwyk; Julia Blitz; Hoffie Conradie; Therese Fish; Norma Kok; Ben van Heerden en Marietjie de Villiers.

Die aanbieding deur Van Schalkwyk et al. het die toekenning ontvang vir die beste navorsingsgebaseerde voorlegging by die konferensie.

Foto: Proff Arnold Schoonwinkel, Susan van Schalkwyk, Julia Blitz en Dr Antoinette van der Merwe