Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US academici besoek Malawi om werkswinkel aan te bied
Outeur: Corporate Marketing/Korporatiewe Bemarking
Gepubliseer: 11/11/2016

​Onder akademici bestaan die algemene spreekwoord van "publiseer of vergaan". Dit mag wel 'n oordrywing wees, maar die frase skep 'n goeie samevatting ten opsigte van hedendaagse navorsing: die publikasie van navorsing – veral in joernale – is die hoeksteen van 'n suksesvolle loopbaan. Navorsing neem tyd, geld en moeite en is dus verder die verantwoordelikheid van die akademikus om seker te maak dat so veel as moontlik mense weet wat die navorsing behels.

Maar om gepubliseer te word is nie so eenvoudig nie: "writer's block", sperdatums, en resensies is maar net 'n paar van die uitdagings wat nuwe referate in die gesig staar. In lande wat eers onlangs begin bydra het tot internasionale akademie word hierdie uitdagings versterk. Om te verseker dat die sienings en nuus van die globale-Suid toegang het tot die globale akademiese ruimte, is daar 'n dringende behoefte om 'n beter begrip van publisering op die kontinent te kweek.

Hierdie Oktober het Professor Leslie Swartz en Magister student Xanthe Hunt gereis na Zomba, Malawi, om hierdie behoefte aan te spreek. Die besoek is gedeeltelik befonds deur die Doctoral Capacity Development Programme van die Afrika Doktorale Akademie by Universiteit Stellenbosch (US). Die besoek was deel van die vennootskap ooreenkoms tussen US en die Universiteit van Malawi (UM).

'n Twee-en-'n-half-dag skryf werkswinkel is deur Swartz byeengeroep, in samewerking met Professor Blessings Chinsinga van die Sentrum vir Sosiale Navorsing by die UM, en Professor Alister Munthali, en is deur 14 lede van verskeie departemente by die UM bygewoon. Die groep het bestaan uit navorsers wat aan die begin van hul loopbaan is, sowel as gesoute navorsers en het bestaan uit verteenwoordigers uit verskeie velde, insluitend politieke wetenskap, teologie, biblioteek- en inligting wetenskappe, en antropologie.  Prof Chiwoza Bandawe, uitgaande redakteur van die Malawi Mediese Joernaal, en voormalige Hoof van die Departement van Geestesgesondheid by die UM, het die finale dag van die werkswinkel bygewoon.

Op die eerste dag het Swartz, wie op die redaksie van talle prominente akademiese publikasies dien en ook die redakteur van die Afrika Joernaal van Gestremdheid is, die groep voorgestel aan die beginsels en doelstellings van akademiese publisering. Hierdie is gevolg deur 'n interaktiewe middag-sessie, waar tydens Swartz en Hunt met die deelnemers gewerk het.

Swartz, wie al vir jare lank sulke opleidingsessies in Suid-Afrika en Afrika fasiliteer, het die noodsaaklikheid uitgelig om met die deelnemers te werk aan hul eie manuskripte tydens sulke opleidingsessies.

"Jy leer die beste in hierdie konteks deur die ervaring van skryf en hom resensente se kommentaar te hanteer, wat dikwels in onvleiende en neerhalende terme gestel word. Om probleme rondom skryfwerk te deel, en werklike voorbeelde te gebruik, help om angs en vermyding van die proses te verminder," verduidelik Swartz.

Swartz het ook beklemtoon dat interaksie – sowel as om vir deelnemers te vra om hul eie prioriteite te bepaal vir hierdie skryf werkswinkels – verseker dat hierdie sessie relevant bly en dat die beskikbare tyd doeltreffend gebruik word.

Die tweede dag het 'n voorlegging deur Hunt behels oor die skryf van manuskripte, wat deur 'n terugvoering sessie van die groep af gevolg is. Die groep het versoek dat die oorblywende tyd toegewy word aan Tematiese Analise (TA). TA word grootliks gebruik in sosiale wetenskappe as 'n kwalitatiewe navorsingsmetodologie en behels die ontleding van tekstuele data. Die kursus afgesluit op die derde dag met 'n sessie oor navorsingsmetodes aangebied deur Hunt, wie tans TA gebruik in haar tesis.

Navorsingsmetodes is die boublokke waarmee goeie navorsing gebou word; goeie skryfwerk help met die finale produk, sowel as om dit verseker dat die werk versprei word.

 "In die toekoms sal dit belangrik wees vir werkswinkels soos hierdie om dag-lange sessies oor elke stap van die navorsingsproses te inkorporeer, asook die aanbiedingsproses," het Hunt gesê. "Hierdie kort werkswinkels is belangrik omdat prioriteite vir toekomstige kursusse bepaal kan word."

Die Malawiese groep het hul belangstelling in 'n tweede, meer in-diepte werkswinkel aangedui, en Swartz is optimisties oor die toekomstige uitbreiding van die projek in Malawi.

"Die kwaliteit van die navorsing wat hier gedoen word is goed, en ek sien uit na verdere samewerking met hierdie groep," het Swartz gesê.