Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UCM Help met Toetse vir Skool Ekspo
Outeur: Riaan Combrinck
Gepubliseer: 27/09/2016

Twee Graad 10 skoolleerlinge van Parklands Kollege, Stephan Cilliers (links op foto) en Frank Smuts (regs op foto), het ʼn alternatiewe bou blok materiaal ontwikkel, gemaak van gebruikte plastiek sakke, vir die Eskom Expo for Young Scientists, wat van 29 tot 31 Augustus in Kaapstad gehou is. Stephan en Frank het die UCM (Unit for Construction Materials) genader rakende kompressie toetse op kubusse gemaak van gebruikte plastiek sakke.

Die resultate het gewys dat die plastiek kubusse nie net voldoen aan die sterkte vereistes vir tradisionele messelwerk eenhede nie, maar ook beskik oor uitstekende duktiliteit. Die kubusse is ook liggewig en bied goeie insolasie, alhoewel daar kommer is oor die brandweerstand.

Daar was meer as vyfhonderd projekte by die Eskom Expo, wat meegeding het in vier en twintig afdelings. Stephan en Frank het 'n bronsmedalje verwerf in die afdeling genaamd 'Repurposing of Material for Housing Purposes'. Baie geluk aan Stephan en Frank met hul prestasie.

Meer inligting oor die UCM kan gevind word by www.sun.ac.za/ucm en oor die Eskom Expo for Young Scientists by www.exposcience.co.za