Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UCM 2016 Vakansie Opleiding
Outeur: Wibke de Villiers
Gepubliseer: 25/08/2016

'n Integrale deel van die B.Ing. Siviele graad aan Universiteit Stellenbosch, is die vakansie opleiding wat die voorgraadse studente moet onderneem deur die loop van hul studies. Vir hierdie doel, het  die UCM vroeër hierdie jaar vir aansoeke gevra onder die Siviele voorgraadse studente vir vakansie opeliding gedeurend die 2016 winter vakansie, wat in die Strukture Laboratorium van Universiteit Stellenbosch sou plaasvind. Na 'n oorweldigende aantal aansoeke, is die volgende 6 studente gekies (van links na regs): Seung Cho (3de jaar), Veronica Mwamfupe (3de), Michael Colclough (2de), Hanru Muller (2de), Louis Botha (4de) en Gerard Maleke (2de).

Na afloop van 'n veiligheidsinduksie, het die studente vier weke in die laboratorium spandeer, onder die toesig van die UCM personeel, waartydens hulle hul vaardighede in ontwerp, konstruksie en eksperimentering uitgebrei het. Die take het ingesluit:

  • die bepaling van die presisie van die "strain gun" meet-instrument en die skryf van 'n gebruikshandleiding vir die suksesvolle gebruik van die instrument
  • die voorbereiding van die laboratorium om droogkrimp toetse te kan doen op sement-gebaseerde messelwerk eenhede
  • die uitvoer van trek toetse en kraak toetse op plastiese beton
  • navorsing aangaande die samestelling van sonlig sowel as die gebruik van bakteria om krake in verharde beton te genees
  • die ontwerp en die bou van agtergronde vir eksperimentele opstellings, om die kwaliteit van die fotos en dokumentering van algemene eksperimente te verbeter

Die studente was nie net blootgestel aan die praktiese aspekte van die werk in 'n aktiewe laboratorium nie, maar die werk wat hulle verrig het, het ook betekenisvolle bydrae gemaak tot die laboratorium en huidige UCM navorsingsprojekte. Hopelik is die studente ook geïnspireer om nagraadse studies te oorweeg in hul toekoms!