Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dept Bosbou en Houtwetenskap verwelkom Dr Spong
Outeur: Dr Ben Spong
Gepubliseer: 23/08/2016

Dr Ben Spong, ‘n kundige in Bosingenieurswese en -bestuur, van West Virgina Universiteit in die VSA, het onlangs gearriveer vir ‘n verlengde besoek aan die Universiteit van Stellenbosch se Dept van Bosbou en Houtkunde.

Tydens sy langverlof van die VSA, wil  hy graag saam met die fakulteit, studente, en industriële vennote saamwerk in die veldvan  ontginningsoperasies, veral die aspekte van kapasiteit en produktiwiteit . Alhoewel hy reeds op 'n vorige besoek n goeie blootstelling gehad het aan Suid-Afrikaanse bosse, is hy baie opgewonde om die geleentheid te gebruik om die stelsels, bedryfskultuur en breër sosiale- en ekonomiese konteks van Suid-Afrika se bosbedryf beter te verstaan.

Dr. Spong werk reeds sedert 1993 in die bedryf van ontginning in die Noordweste en Mid-Atlantiese dele van die Verenigde State van Amerika asook in die weste en ooste van Afrika. Deur sy huidige werk as die voorligtingspesialis vir Bosbou by die Appalachian Hardwood Center by die Universiteit van West Virginia,   voorsien hy opleiding en opvoedkundige programme aan ontginners, bosbouers en baie ander  werknemenrs in die ooste van die Verenigde State van Amerika se houtbedryf.

Dr Spong se spesifieke programmering en navorsing fokus spesifiek op bospaaie, beter bestuur van ontginningspraktyke, houtinoestingsisteme, veiligheid van ontginningsmetodes en die bestuur van ontginningbesighede.  Dr. Spong dien op baie plaaslike komitees wat betrokke is by die verbetering van ontginningsaktiwiteite, insluitend die West Virginia Forestry Association's Safety Committee, die Mountain Loggers' Safety Initiative, die WV Division of Forestry's Best Management Practices Committee, en The Sustainable Forestry Initiative State Implementation Committee. 

Deur sy betrokkenheid met diè komitees en ander netwerke kry Dr Spong toegang tot kleiner ontginnings kontrakteurs, groter industriële bosboumaatskappye, sowel as staats- en plaaslike agente en organisasies om sodoende te help met die ontwikkeling en opleiding van programme tot voordeel van 'n wye verskeidenheid van rolspelers in die bosbedryf.  Sedert hy betrokke geraak het by die Universiteit van Wes Virginia het Dr Spong en kollegas, reeds ongeveer $1.2 miljoen in eksterne fondse gegenereer vir die ondersteuning van sy navorsing en voorligtingsprogramme.