Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bosbou- en Houtkunde student wen tweede prys in Brazil!
Outeur: Carin Bruce
Gepubliseer: 10/05/2016

Stephen Amiandamhen, 'n PhD-student in die
Bosbou- en Houtkunde Departement, is bekroon met
die tweede prys van $ 250 vir mondelinge en plakkaat
aanbieding by die 59ste Society of Wood Science and Technology
(SWST) Konvensie wat onlangs inCuritiba, Brasilië,
gehou is.  Hy het ook 'n gedenkplaat in die student
plakkaatsessie losgeslaan.
Sy studie fokus op die gebruik van fosfaat gebaseerde
bindings, wat 'n laer koolstof-voetspoor het as sementverwante produkte. Hy gebruik hierdie bindings om
houtsamestellings te vervaardig uit uitheemse boomspesies
en het getoon dat dit moontlik is om produkte te produseer
met aanvaarbare gehalte, selfs sonder bas verwydering, wat 'n
vereiste vir 'n meerderheid van sulke produkte is.
Stephen se reis na Brasilië is moontlik gemaak met die ondersteuning
van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) en 'n 800
Amerikaanse dollar borgskap van die organiseerders.