Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Werkswinkel oor Kruip van Gekraakte FRC
Outeur: Billy Boshoff
Gepubliseer: 19/04/2016

Gedurende Maart 2016 het Prof Billy Boshoff 'n Rilem werkswinkel bygewoon in Valencia, Spanje, oor die kruip van gekraakte veselversterkte beton (FRC). Hierdie is 'n belangrike navorsingsveld vir die Eenheid vir Konstruksiemateriale (UCM) aangesien Prof Boshoff die eerste persoon is wat oor hierdie fenomeen in trek gepubliseer het. Die werkswinkel het bestaan uit 20 voorlesings met deelnemers van soveel as 16 lande. Prof Boshoff se bydraes was twee artikels oor die meganismes op die enkel vesel vlak wat hierdie addisionele kruip veroorsaak, vir sintetiese en staal vesels onderskeidelik.

'n Rilem tegniese komitee genaamd 261-CCF Creep behaviour in Cracked Sections of Fibre Reinforced Concrete was twee jaar gelede op die been gebring en meeste deelnemers van die werkswinkel is ook lede van hierdie komitee. Die doel van die komitee is om 'n "State-of-the-Art" verslag te skryf, asook riglyne oor hoe om hierdie addisionele kruip in ag te neem gedurende die ontwerp van FRC struktuur elemente. Om hierdie doel te bereik is 'n wêreldwye inter-laboratorium toetsprogram geloods waarvan die UCM ook deel is.

Die volgende vergadering van hierdie Rilem tegniese tomitee vind plaas by die Befib Konferensie, September 2016 in Vancouver, Kanada, en UCM sal daar teenwoordig wees.