Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SSML analiseer internasionale TomTom Traffic Index verslag
Outeur: Megan Bruwer
Gepubliseer: 23/03/2016

TomTom het die resultate van die 2016 TomTom Traffic Index verslag op 22 Maart 2016 verklaar. Hierdie jaarlikse verslag kwantifiseer die opeenhopings vlakke in stede regoor die wêreld. Vanjaar, is Mexico City geklassifiseer as die stad met die meester vekeer opeenhoping in die wêreld, gevolg deur Bangkok, Istanbul, Rio de Janeiro en Moskou. Kaapstad is die stad in Suid-Afrika met die ergste verkeer, en is 47 in die wêreld ingedeel. Die TomTom Traffic Index verklaar verkeersopeenhoping in 295 stede in 38 lande regoor die wêreld. Volgens TomTom het verkeersopeenhoping wêreldwyd sedert 2008 met 13% toegeneem.

Die verkeer indeks is die persentasie bykomende reistyd wat bestuurders sal ervaar tydens swaar verkeer tye van die dag in vergelyking met vryvloeiende reis omstandighede, byvoorbeeld in die middel van die nag. Kaapstad het 'n verkeer indeks van 30%, wat beteken dat bestuurders 'n gemiddelde verhoging in reistyd van 30% gedurende die dag sal ervaar. Tydens die oggend spitstydperk (die tydperk gedurende die oggend wat die hoogste verkeersvolumes ervaar), kan Kapenaars verwag om 71% lange te reis as tydens vryvloeiende reis toestande. Johannesburg het 'n daaglikse verkeer indeks van 27%, en 'n oggend spitstyd verkeer indeks van 60%. Opeenhoping in Kaapstad het hoër as dié van Johannesburg in 2013 gestyg, as gevolg van die opgraderings aan die Gautengse hoofweg netwerk wat 'n positiewe uitwerking op die vermindering van opeenhoping gehad het.

Die Stellenbosch Smart Mobility Lab (SSML) is gevra om 'n kenner ontleding van die TomTom Traffic indeks Verslag 2016 te gee. Dié analise is gepubliseer deur TomTom met hul 2016 Traffic Index verslag. Verwys na hul webwerf: http://www.tomtom.com/en_za/trafficindex/expertview vir die volle SSML verslag.

Terwyl opeenhoping 'n globale uitdaging is, is dit duidelik van die 2016 resultate dat nege van die tien stede met die meeste verkeersopeenhoping in ontwikkelende lande voorkom. SSML navorsing fokus op mobiliteit oplossings vir ontwikkelende lande en die TomTom datastel sal 'n waardevolle bron vir die analise van mobiliteit in hierdie lande word.

Die TomTom data toon dat in Suid-Afrika, ervaar klein stede 'n verhoogde tempo van groei van opeenhoping van byna 7% per jaar, wat veel hoër is as die koers wat waargeneem word wêreldwyd en in die groot stede in Suid-Afrika (tipies tussen 1,5% en 3% per jaar). Dit kan die tempo van verstedeliking in ontwikkelende lande aandui, veral in kleiner stede en beklemtoon die dringende behoefte aan infrastruktuur en verkeersbestuur projekte in hierdie lande.

Die jaarlikse toename van die TomTom Traffic Index beklemtoon duidelik die impak van projekte om opeenhoping te verbeter, soos die onlangse groot Gautengse hoofwegverbeteringsprojek. 'n Aansienlike vermindering in die verkeer indeks is waargeneem as gevolg van die snelweg verbeterings tussen 2010 en 2012.