Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Samewerking tussen SU se UCM en Bath Universiteit se BRE CICM
Outeur: Wibke de Villiers
Gepubliseer: 14/03/2016

Die Unit for Construction Materials (UCM) was onlangs gasheer vir kollegas van Bath Universiteit se BRE Centre for Innovative Construction Materials (BRE CICM) vir 'n werkswinkel by STIAS, met die doel om moontlike areas van navorsingsamewerking te identifiseer binne die bestek van innoverende konstruksiemateriale. Bath Universiteit is een van Universiteit Stellenbosch se Sleutel Vennote en toekomstige samewerking sal van groot waarde vir beide instellings wees. BRE CICM was verteenwoordig deur Prof Andrew Heath, Dr Bhavna Sharma en Dr Kevin Paine, terwyl UCM deur Prof Billy Boshoff, Dr Riaan Combrinck, Wibke de Villiers en Algernon van Rooyen verteenwoordig was.

Baie gemeenskaplike belange tussen die twee navorsingseenhede is ontdek en moontlike areas van samewerking wat geïdentifiseer is sluit in die self-genesing van plastiese versakkingskrake en plastiese krimp krake, die ontwikkeling van toepaslike standaarde vir alternatiewe messelwerk eenhede, vesel-versterkte beton en strukturele toepassings van alkali geaktiveerde materiale. Aanvanklike planne is gemaak om meer inligting uit te ruil oor hierdie onderwerpe en om saam te werk op 'n aantal publikasies om die weg vir verdere uitbreiding van die navorsingsvennootskap te baan.