U word uitgenooi om die middagete Auxin-sessie by te woon wat deur die Sentrum vir Onderrig en Leer aangebied word.
Spreker: Sharon Malan
Onderwerp: "Integrating AI as a tutoring tool in an ECP Academic Literacies module"
Datum: 22 Julie 2025
Tyd: 13:10-14:10
Plek: MS Teams: Join the meeting now
Opsomming van die Auxin:
Hierdie Auxin-sessie behels insigte uit 'n loodsstudie wat 'n KI-gedrewe tutorhulpmiddel, ELI (Eloquent Literacy Assistant), by 'n VKP-module oor akademiese geletterdheid integreer. In die studie het ELI die ontwikkeling van skryfvaardighede by studente ondersteun deur hulle denke aan die hand van Sokratiese vrae te stuur, onmiddellike en gerigte terugvoer te verskaf en as tutor op te tree sodat dit by die module-uitkomste aansluit. Studente het, as deel van hulle hoofassessering, oorredende essays oor ongelykheid in Suid-Afrika geskryf vanuit die oogpunt van avatars soos huiswerkers, werklose gegradueerdes en gesondheidswerkers in openbare klinieke. Hierdie benadering het hulle skryfwerk vanaf abstrakte redenasies omskep in essays wat meer menslik, empaties en begrond in geleefde ervaring is.
Vanuit my oogpunt as dosent het dit gelyk asof die studente aktief met ELI omgaan en blykbaar ondersteun voel in hulle skryfproses. Ek het opgemerk dat party studente die hulpmiddel gebruik het om hulle essay met groter selfvertroue te struktureer en dat hulle duideliker, meer gefokusde porvrae begin formuleer het om hulle interaksies met die KI te stuur. Die loodsstudie het egter ook sleuteluitdagings uitgewys. KI is nie die spreekwoordelike silwerkoeël nie: Dit kan hallusineer, verg menslike oorsig en loop gevaar om in 'n kruk te ontaard as dit onnadenkend aangewend word.
Wat onderrig en leer aan die US betref, dui hierdie studie daarop dat KI 'n waardevolle toevoeging kan wees wanneer dit doelgerig aangewend word; 'n nutsmiddel om ons pedagogiese benaderings te herbedink sodat ons kan verseker dat studente KI ten beste benut, in hulle akademiese werk en verder.
Sharon het 'n PhD in Opvoedkundige Sielkunde en is dosent in die verlengdekurrikulumprogram (VKP) aan die Universiteit Stellenbosch (US). Sy spesialiseer in studenteontwikkeling, akademiese geletterdheid en ekonomiese opvoeding met 'n besondere fokus op innoverende onderrigmetodes soos die omgekeerde klaskamer, probleemgebaseerde leer en KI-gedrewe tutorskap. Weens haar diepgewortelde geesdrif vir onderrig, leer en assessering sowel as kognitiewe onderrig integreer sy bewysgebaseerde strategieë om kritiese denke, metakognisie en vaardighede vir lewenslange leer by studente te ontwikkel.