Raad verskaf redes (30 September 2024)
Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het by sy vergadering van 16 September 2024, kragtens klousule 10(3)(g) van die US se Statuut, die besluit geneem om die Wilgenhof-koshuis in sy huidige formaat te sluit en te vervang met 'n herverbeelde en nuut-geïnspireerde manskoshuis studentegemeenskap. 'n Hernude koshuis sal die konstruktiewe aspekte van Wilgenhof erken, maar ook 'n beslissende breuk maak met die onaanvaarbare en geheimsinnige praktyke van die verlede soos wat ons vorentoe beweeg om 'n omgewing te skep waar alle studente kan floreer, in ʼn gemeenskap wat die waardes van inklusiwiteit, respek en uitnemendheid handhaaf.
Die US-Raad het die redes vir sy besluit verskaf , soos hier gepubliseer, in reaksie op 'n formele versoek om redes ingevolge die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid Wet 3 van 2000, te verskaf.
----------------------------------------------
Die feite oor die Wilgenhof-koshuis.
Algemene feite en syfers oor die Universiteit Stellenbosch
In 2024, het die US meer as 35 000 studente (voor- en nagraads) ingeskryf. Hiervan maak 70% nie van US-akkommodasie gebruik nie. Daar is sowat 230 000 US-alumni.
Wilgenhof
Die Wilgenhof-koshuis het 'n totale kapasiteit van 206 beddens. Dit is een van die kleinste manskoshuise vir junior studente uit 12 junior koshuise wat manstudente akkommodeer (insluitend gemengde koshuise). Daar is tans 3295 lewende Wilgenhof-alumni op die US-databasis. Dit is nie korrek dat Wilgenhof alumni of inwoners die Wilgenhof-eiendom en geboue besit nie. Die Universiteit is egter bewus daarvan dat lede van die Wilgenhof Alumnivereniging die naam “Wilgenhof" sowel as die domeinnaam van die webwerf van Wilgenhof-koshuis geregistreer het.
Deelname van Wilgenhof-inwoners aan studente-aktiwiteite in 2024
Bewerings is gemaak dat “die Universiteit, die Rektoraat en bestuur" Wilgenhof-studente uitgesluit het van alle universiteits- en kluster-geleenthede en aktiwiteite sedert die begin van 2024. Dit is nie feitelik korrek nie.
Wilgenhof vorm deel van die Victoria-kluster wat die koshuise Monica en Harmonie en die Pendel-studentegemeenskappe Silene and Oude Molen insluit.
Wat kluster-aktiwiteite betref is Wilgenhof genooi om deel te neem aan Kluster Atletiek aan die begin van die jaar en die Victoria Kluster Jazz-aand, en hulle het aktief deelgeneem aan die onlangse Victoria Kluster-leierskapskoukus. Wilgenhof het ook deurlopende toegang gehad tot kluster-hulpbronne en infrastruktuur, byvoorbeeld die Victoria Hub.
Wat ander kampusaktiwiteite betref: Wilgenhof het onder meer deelgeneem aan die amptelike Universiteitsopening vir nuwe studente by Coetzenburg, die Dream Walk, die Verwelkoming-skou, Kampusliga Rugby, Kampusligasokker, die Derby-week, Mollasse Sêr en US Acapella.
Ná verskeie gefasiliteerde beraadslagings in Januarie het studenteleiers in die Victoria-kluster (Monica, Harmonie, Silene en Oude Molen), waarvan Wilgenhof deel is, egter besluit dat Wilgenhof nie aan Klusterdag (die eerste Saterdag van die verwelkomingstydperk) sal deelneem nie.
Koshuisaansoeke volgens aansoekkeuse
Wilgenhof het oor die afgelope jare die laagste
aantal aansoeke (van voornemende studente) van die manskoshuise en gemengde-koshuise
(Goldfields and Metanoia) met
manskamers ontvang. In totaal het Wilgenhof die afgelope agt jaar (vir die innamejare van 2016-2023) die laagste aantal aansoeke (van voornemende studente) vir eerste, tweede en derde keuse ontvang. (Altesaam 4 519 aansoeke teenoor 13 173 aansoeke vir Dagbreek - die hoogste.) Wat die eerste keuse betref, was Wilgenhof die afgelope paar jaar in die onderste drie of vier.
Dit is nie korrek dat Metanoia "baie min" aansoeke van voornemende studente ontvang nie.
Die US se voorgraadse gemengde
koshuise (Stellenbosch) is Goldfields, Metanoia en Huis Neethling.
Die senior gemengde koshuise (Stellenbosch) is Lobelia, Concordia, Huis MacDonald, Huis de Villiers, Huis Russel Botman House en The Village
Die US gemengde koshuise of the Tygerberg-kampus, is Hippokrates, Meerhoff, eNkanyini, Huis Nkosi Johnson House en Huis Ubuntu House
- Inligting oor US-koshuise is hier beskikbaar
ALGEMENE VRAE EN ANTWOORDE
Wat is op die US Raadsvergadering op Maandag 16 September 2024 besluit?
Op grond van die talle voorleggings wat van belanghebbende partye ontvang is en inaggenome alle inligting wat aan die Raad beskikbaar is, is daar besluit dit is van kritieke belang dat 'n behoorlik gefassiliteerde proses gevolg word wat die US-bestuur, huidige Wilgenhof-inwoners, ander studenteleiers en koshuishoofde insluit, ten einde 'n hernieude, herbedinkde, en verjongde manskoshuis te vorm.
Die Raad het ook kennis geneem dat dié proses bedoel is om die beginpunt te wees van betekenisvolle en sistemiese verandering in die Universiteit se strewe om 'n omgewing te bevorder waar alle studente kan floreer in 'n gemeenskap wat die waardes van inklusiwiteit, respek en uitnemendheid handhaaf en wat strook met die US se Visie 2024, US-waardes, Kode 2040, die gees van US se Restitusie-verklaring en die Suid-Afrikaanse Grondwet.
'n Vernuwende koshuis sal die opbouende aspekte van Wilgenhof erken, maar ook 'n beslissende breuk maak met die onaanvaarbare en geheimsinnige praktyke van die verlede, terwyl ons vorentoe beweeg in die bevordering van 'n omgewing waar alle studente kan floreer, in 'n gemeenskap wat die waardes handhaaf van inklusiwiteit, respek en uitnemendheid.
Het die US Rektoraat en lede van die Raad
toegang tot al die voorleggings gehad?
Ja. Lede van die Rektoraat en Raad het toegang tot al die voorleggings gehad.
Gaan die opgegradeerde koshuis steeds Wilgenhof heet?
Die
naam van die koshuis sal oorweeg word, en voorstelle in hierdie verband sal
ingewag word vir oorweging deur die US se institusionele
benamingskomitee en aanbevelings aan die Raad. Die benamingskomitee sal
gevra word om alle voorgestelde name te oorweeg en in sluit in die voorleggings
wat aan die Raad gemaak is in die aanloop tot sy besluit.
Wat sal Wilgenhof se vernuwingsproses behels?
Die koshuis sal opgegradeer word in lyn met die
US se strewe om leer- en leefruimtes te skep wat uitnemendheid bevorder en
sodoende aan die DHOO se Beleid oor die Minimum Norme en
Standaarde vir Studentebehuising by Openbare Universiteite te voldoen.
Wanneer is huidige Wilgenhof-studente oor die
besluit ingelig?
Prof Deresh Ramjugernath
(Viserektor: Leer en Onderrig), het die inwoners van Wilgenhof Maandagmiddag 16 September 2024 by
die koshuis ingelig. Personeellede van die Afdeling Studentesake was ook
teenwoordig.
Het die US met personeel en studente
gekommunikeer oor die Raad se besluit?
Ja. Wilgenhof-alumni het 'n e-pos ontvang. Kommunikasie is via interne e-pos en die Universiteit se webwerf versprei.
DIE PAD VORENTOE
Wanneer gaan die koshuis sluit en hoe lank sal
dit neem om die opgraderings te voltooi?
Die koshuis sal vir die 2025 akademiese jaar
gesluit wees en die opgraderings sal betyds voltooi wees vir die 2026
akademiese jaar. Studente sal aan die einde van die 2024 akademiese jaar die koshuis verlaat.
Wat is die plan van aksie met betrekking tot die
huidige Wilgenhof-inwoners?
Alle huidige Wilgenhof-inwoners wat aan die akademiese vereistes vir herplasing in 'n koshuis voldoen en verkies om in US-koshuise te bly, het 'n aanbod ontvang om 2025 in alternatiewe universiteitskoshuise geplaas te word.
Van die 206 huidige inwoners van Wilgenhof het 167 studente aansoek gedoen om herplasing in Wilgenhof. Ongeveer 131 was suksesvol en 36 nie. Van die 131 suksesvolle studente het 103 aansoek gedoen vir plasing in alternatiewe koshuise sou Wilgenhof sluit. Van die 103 aansoeke het 6 verkies om nie die aansoekvorm te voltooi nie, en 97 het alternatiewe verblyfopsies aangedui. Dié 97 studente het op Donderdag 19 September 2024 briewe ontvang waarin hulle ingelig is in watter koshuis hulle in 2025 geplaas gaan word.
Alle studente behalwe twee kon in een van hul drie voorkeurkeuses geakkommodeer word. Studente het tot einde September 2024 om 'n besluit oor die verblyf-aanbod te aanvaar.
Huidige Wilgenhof-inwoners sal gedurende 2025 die geleentheid gebied word om aansoek te doen vir plasing in die opgegradeerde koshuis in 2026 in terme van die US-koshuisplasingsbeleid.
- Daar is ook gekommunikeer met ouers van huidige Wilgenhof-studente.
Algemene dokumentasie oor her-aansoeke:
Wat is die plan van aksie wat betref personeel wat by Wilgenhof werk?
Alle personeel wat tans in Wilgenhof werk, sal
na toepaslike poste binne die US herontplooi word terwyl die uiteengesette
prosesse en opgraderings afgehandel word. Daar
sal geen impak op hul huidige werksooreenkomste wees nie.
Sal daar ondersteuning vir personeel en studenHuidige studente: Aansoek om (her)toekenning van verblyf op Stellenbosch- en Tygerbergkampus vir innaome-2025te wees tydens hierdie oorgangsproses?
Die US het verskeie institusionele meganismes in
plek om die nodige psigososiale ondersteuning te verskaf aan studente en
personeel wat bystand benodig om die nuwe dinamika van 'n aansienlik getransformeerde
residensiële gemeenskap te hanteer. Die
Universiteit sal deurlopend die nodige psigososiale ondersteuning verskaf aan
alle studente en personeel wat geraak word.
Wat gaan van aansoekers (voornemende studente) word
wat Wilgenhof gekies het as een van hul koshuisopsies vir 2025?
Voornemende eerstejaarstudente wat Wilgenhof aangedui het as een van hul voorkeurkoshuise vir 2025, en wat reeds 'n koshuisaanbod ontvang en aanvaar het en (indien van toepassing) die aanvaardingsfooi betaal het, sal die geleentheid gebied word om hul koshuiskeuse te wysig voordat hulle vir plasing in 'n spesifieke koshuis oorweeg word.
DIE WILGENHOF ALUMNI-VERENIGING (BOND)
Sal die herverbeling van Wilgenhof 'n impak hê op die Wilgenhof Alumnivereniging/die Bond?
Soos met alle alumni-verenigings, word die skakeling
met die Bond gereguleer en beheer deur die US se Afdeling
Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge (DAR). Dit bevorder 'n
konsekwente benadering tot die ontwikkeling van alumni-verhoudings en strook
met internasionale beste praktyk in die bevordering van die universiteit se
belange.
Wat is die Afdeling
Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge (DAR)
se betrokkenheid by Wilgenhof se alumni-strukture?
- Wilgenhof-koshuis het 'n formele alumni-struktuur wat in 1985 geskep is. Die alumni-aktiwiteite word gedryf deur die “Bond" of alumni-vereniging, in vennootskap met die huiskomitee, en ondersteun deur die koshuishoof. Beide die koshuishoof en die primarius word genooi om by Bond komitee-vergaderings aan te sluit.
- Die komitee word verkies by reünies wat elke vyf jaar gehou word. Reünies word gereël deur die Bond in samewerking met die koshuis.
- DAR was histories nie by enige Wilgenhof-reünies betrokke nie. DAR het die Bond bygestaan om die Wilgenhof-reünie in 2023 via die jaarlikse alumni-kalender, sosiale media en die tuiskomsprogram te bemark.
- DAR is genooi om die Bond komiteevergaderings in 2018 en 2024 by te woon.
- Die voorsitter van die Bond is na die Alumni Koshuisforum (georganiseer deur DAR) genooi.
- Die Wilgenhof Bond gebruik 'n onafhanklike databasies en kommunikasieplatvorm en DAR het nie insae of oorsig in hierdie kommunikasie nie.
- Die koshuise se Instagram-blad word deur lede van die Wilgenhof Huiskomitee geadministreer.
- Die Wilgenhof Bond gebruik die Wilgenhof Trust
as die finansiële platform buite die Universiteit Stellenbosch.
RAADSVERGADERING EN RAAD SE VERSOEK VIR
SKRIFTELIKE VOORSIENINGS
Wat is tydens die US Raadsvergadering op Maandag
24 Junie 2024 besluit?
Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het op Maandag 24 Junie 2024 vergader en breedvoerig beraadslaag oor die Rektor se aanbeveling, wat eenparig deur die Rektoraat gesteun is, dat Wilgenhof-koshuis in sy huidige formaat moet sluit op grond van die hoofaanbeveling in die verslag van die paneel wat daarmee getaak was om ondersoek in te stel na die inhoud wat in twee vertrekke in die Wilgenhof-koshuis gevind is. Die Rektor se addisionele aanbeveling was dat die gebou as 'n opgegradeerde koshuis behou moet word.
Die ontdekking van ontstellende inhoud in vertrekke in Wilgenhof vroeër vanjaar het driftige en uiteenlopende reaksies van studente, ouers, alumni en ander belanghebbendes ontlok. Die Raad het kennis geneem dat menings oor die toekoms van Wilgenhof ten diepste verdeeld is. Dit sluit verskeie kwessies in, waaronder die interpretasie van tradisie en die behoefte dat alle praktyke by die Universiteit tot 'n inklusiewe universiteit moet lei waar alle belanghebbendes voel hulle kan behoort. Hierdie kwessies moes deeglik oorweeg word in die belang van regverdigheid, deursigtigheid en administratiewe geregtigheid, belyn met die US se visie en waardes.
Teen dié agtergrond het die Raad besluit die Rektor se aanbeveling noodsaak verdere oorweging en konsultasie.
Gevolglik het die Raad alle belangstellende en geaffekteerde persone en belanghebbendes genooi om skriftelike voorleggings in te dien oor: Die kwessies wat die sluiting of nie-sluiting van Wilgenhof tot gevolg mag hê en wat oorweeg moet word; Wat die gevolge sou wees van die aanvaarding van die Rektor se aanbeveling wat betref die herontwerp van Wilgenhof as 'n gewysigde en/of opgegradeerde koshuis; Of daar alternatiewe vir die sluiting van Wilgenhof is wat redelikerwys die bekommernisse kan hanteer wat in die paneel se verslag uiteengesit is, en wat dit sou wees; en, Watter aanwysers die Raad moet gebruik om die sukses van hierdie alternatiewe te meet.
Voorleggings
Die tydperk vir die indiening van skriftelike voorleggings het op Woensdag 26 Junie 2024 om 09:00 begin en is afgesluit op Woensdag 31 Julie 2024 om 17:00
Het
die US met personeel en studente gekommunikeer oor die Raad se besluit?
Ja. Kommunikasie is via interne e-pos en die Universiteit se webwerf versprei. English and Afrikaans
DIE
PANEEL SE VERSLAG EN AANBEVELING DEUR REKTORAAT
Waarom
het die Rektor die Raad aanbeveel dat Wilgenhof gesluit moet word?
ie ontdekking van die items in twee kamers by Wilgenhof in Januarie 2024 en die aanstelling van 'n paneel om die items in oënskou te neem, volg op die US se konsekwente standpunt oor die handhawing en verskansing van die menswaardigheid van al ons studente en personeel, en 'n verbintenis om onverpoosd onaanvaarbare praktyke op ons kampusse en in studente-verblyf aan die US uit te roei.
Met die aanstelling van die paneel het die Rektoraat gestreef na die verwesenliking van die transformasie van die Universiteitskultuur in ooreenstemming met US se Visie 2040.
Die Rektoraat het die paneel se hoofaanbeveling aanvaar dat Wilgenhof-koshuis gesluit moet word.
Die Rektor het gevolglik die Raad aanbeveel dat Wilgenhof-koshuis in sy huidige vorm gesluit moet word en dat alternatiewe gebruike vir die geboue oorweeg moet word. Die Raad het op sy vergadering van 24 Junie 2024 besin oor die Rektor se aanbevelings.
Did SU communicate with staff and students with regards to the findings of the panel?
Ja. Kommunikasie is via interne e-pos en die Universiteit se webwerf versprei: English and Afrikaans
Is
die Wilgenhof-verslag aanlyn beskikbaar?
Ja, die verslag is hier op die Universiteit se webwerf beskikbaar
EINDE
WILGENHOF: Tydlyn van gebeure
Januarie 2024:
Die ontdekking van ontstellende inhoud in twee vertrekke in die Wilgenhof-koshuis. Die inhoud word na 'n veilige ruimte geneem en die twee kamers word skoongemaak en geverf.
- Studenteleiers insluitend die Wilgenhof Huiskomitee word oor die situasie ingelig
24 Januarie 2024:
Eerste mediaverklaring en interne kommunikasie deur die Universiteit om belanghebbendes in te lig. (Verskeie opdaterings, antwoorde aan die media, opvolgmediaverklarings en kommunikasie aan alumni, belanghebbers en die universiteitsgemeenskap het deur die loop van die jaar gevolg wat betref prosesse, vergaderings en besluite.)
25 Januarie 2024:
Foto's van die inhoud van die twee vertrekke word die eerste keer in die media gepubliseer.
26 Januarie 2024:
'n Videoboodskap van die Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, oor Wilgenhof-koshuis aan personeel en studente.
30 Januarie 2024:
Kommunikasie van die Rektor en Visekanselier aan personeel en studente. Daar word aangekondig dat 'n paneel deur die Rektor aangestel sal word om die inhoud van die kamers en verwante sake te ondersoek.
30 Januarie tot 1 Februarie 2024
Nuwelingstudente arriveer op kampus vir die begin van die nuwe akademiese jaar en neem hul intrek in koshuise vir die begin van die verwelkomingsprogram.
Middagete by Wilgenhof vir nuwelingstudente en hul ouers.
12 Februarie 2024:
Begin van die nuwe akademiese jaar.
13 Februarie 2024:
Aankondiging oor die finalisering van 'n paneel van drie lede om die inhoud wat in twee vertrekke by die Wilgenhof-koshuis gevind is, te ondersoek.
19 Februarie 2024:
Kommunikasie deur die Universiteit oor die uitnodiging om voorleggings aan die ondersoekpaneel in te dien en verwante inligting.
29 Februarie 2024:
Kommunikasie om belanghebbendes en die Universiteitsgemeenskap in kennis te stel van die verlenging van die sperdatum (8 Maart 2024) om voorleggings by die paneel in te dien.
12 Junie 2024:
Aankondiging en kommunikasie oor die Rektoraat wat eenparig die hoofaanbeveling van die paneel aanvaar dat die Wilgenhof-koshuis gesluit moet word; dat die Rektor aan die Raad sal aanbeveel dat die Wilgenhof-koshuis gesluit moet word en dat alternatiewe gebruike vir die geboue oorweeg word; dat die Raad die Rektor se aanbeveling by sy vergadering van 24 Junie 2024 sal oorweeg. Die paneel se geredigeerde verslag is hier beskikbaar.
24 Junie 2024:
Rektoraat se aanbeveling oor Wilgenhof dien by 'n geskeduleerde vergadering van die US Raad.
25 Junie 2024:
Kommunikasie oor die Raad wat op 24 Junie tot die gevolgtrekking kom het dat verdere konsultasie en oorweging geregverdig is voordat daar oor die toekoms van die koshuis besluit word, en 'n daaropvolgende uitnodiging aan alle belanghebbende en geaffekteerde persone en belanghebbendes om skriftelike voorleggings in te dien.
31 Julie 2024:
Sperdatum vir voorleggings aan die Raad wat betref Wilgenhof.
16 September 2024
Aankondiging deur die Raad dat die Wilgenhof-koshuis in sy huidige formaat sluit en dit te vervang met 'n herverbeelde en nuut-geïnspireerde manskoshuis.
Prof Deresh Ramjugernath, Viserektor (Leer en Onderrig) lig inwoners op Maandagmiddag 16 September 2024 by die koshuis in. Personeellede van die Afdeling Studentesake ook teenwoordig.
Interne en eksterne kommunikasie aan personeel, studente, Wilgenhof-alumni, die media en ander belanghebbendes met betrekking tot die Raad se besluit.