Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Fasiliteitsbestuur ontvang internasionale GIS-toekenning
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 14/08/2024

​Die Universiteit Stellenbosch se Fasiliteitsbestuur Afdeling (SUFM) het internasionale erkenning verwerf vir die uitmuntende en doeltreffende wyse waarop hulle Geografiese Inligtingsbestuurstelsel (GIS)-tegnologie in hul kampusbedrywighede aanwend. Die Environmental Systems Research Institute (ESRI) het aan hierdie afdeling sy spesiale prestige toekenning gegee in erkenning vir die afdeling se verbintenis tot innovasie en uitnemendheid.

SUFM se afdeling vir ontwikkelingsbeplanning en ontwerp was een van slegs 217 GIS-gebruikers uit 680 000 organisasies wêreldwyd wat vir hierdie toekenning in aanmerking gekom het.

“Die toekenning is 'n bewys van die US se onwrikbare verbintenis tot die doeltreffende benutting van gevorderde GIS-tegnologie om ons operasionele prosesse op ons kampusse te revolusioneer en tegnologie te gebruik om meer met minder te doen," sê Francois Swart, SUFM se Direkteur Ontwikkelingsbeplanning en Ontwerp.

Swart en sy kollegas, Warren Jacobs (Geboue-inligtingbestuur spesialis) en Jermaine Hendriks (Bestuurder: Fasiliteitsinligting) het die toekenning van Jack Dangermond, president en stigter van die ESRI, ontvang tydens die Internasionale ESRI-gebruikerskonferensie in San Diego, VSA op Maandag, 15 Julie 2024. "Hierdie erkenning vier nie net die US se merkwaardige prestasies nie, maar beklemtoon ook sy deurslaggewende rol om nuwe standaarde binne die globale GIS-gemeenskap daar te stel," sê Swart, vir wie hierdie toekenning nog 'n mylpaal vir die US se nalatenskap is. van uitnemendheid en innovasie, wat sy posisie as 'n baken van vooruitgang binne die tegnologielandskap herbevestig.

Volgens Swart het die US se reis om sy geboubestuurstelsels op die US se kampusse te digitaliseer reeds in 2001 begin. "Dit was 'n bestendige stap-vir-stap proses om die bestuur van ons strukturele en ruimtelike geboue geleidelik te verbeter en met behulp van waardevolle data meer ingeligte besluite te maak en om ons prosesse te vereenvoudig da tons 'meer met minder' kan doen. "Ons kan nou die US se omvattende GIS-platform gebruik om toekomstige beplanning scenario's en kostebesparende maatreëls te bepaal. Met onbeperkte moontlikhede bemagtig hierdie tegnologie SUFM om ruimtelike inligting te benut, insiggewende besluite te neem en kommunikasie oor omgewings heen te verbeter."

Swart het gesê die gebruik van GIS-tegnologie het die US uitdagings oorkom wat met fasiliteitsbestuur verband hou — aspekte wat 'n stewige grondslag bied vir toekomstige fasiliteitsdata-integrasie en volhoubare kampusontwikkeling.

Die GIS-span bedank graag SUFM se senior bestuur vir hulle ondersteuning oor al die jare en vir die voorsiening van hulpbronne om hierdie toekenning te behaal.​