"Ons (SU-UIC) beskou dit as 'n baie suksesvolle eksamensessie in hierdie vierde aanbieding" ~ Prof Sarah Howie, Direkteur van die SU-UIC
Die Stellenbosch Universiteit (SU) Eenheid vir Internasionale Kredensialisering (SU-UIC) is verheug om die goedkeuring van die vrystelling van die Independent Examinations Board (IEB) se Internasionale Sekondêre Sertifikaat (ISC) en Verdere Studie eksamenresultate wat tussen 8 en 28 Mei 2024 afgelê is, te bevestig. Hierdie Mei 2024 eksamensessie was die vierde IEB ISC eksamen wat plaasgevind het. Die SU-UIC het die eksterne kwaliteitsversekering van die Verdere Studie vakke en die IEB ISC, Afrika se eerste internasionale skoolverlatingsertifikaat, uitgevoer sedert die ontstaan in 2022. Die SU-UIC het bevind dat die eksamensessies regverdig, geldig en betroubaar was, asook vry van enige onreëlmatighede wat die integriteit of geloofwaardigheid van die eksamens kon komprimeer.
Die SU-UIC Kwaliteitsversekeringsbestuurskomitee, onder voorsitterskap van Prof Hester Klopper, Vise-kanselier vir Strategie, Globale en Korporatiewe Sake by SU, het die goedkeuring van die vrystelling van die ISC en Verdere Studie eksamenresultate op 2 Julie 2024 bevestig, na uitgebreide en streng kwaliteitsversekeringsprosesse. Die eksterne kwaliteitsversekeringsprosesse sluit onder andere in die verifikasie van IEB se interne kwaliteitsversekeringsprosesse, eksterne moderering en goedkeuring van die eksamenvraestelle, ondersoek van die kwaliteit en standaard van die eksamens, verifikasie van die resultaat- en sertifiseringsdata en standaardisering van die resultate.
Me Confidence Dikgole, Hoof Uitvoerende Beampte van IEB, het tydens die standaardisering van die resultate gesê: "Ons (IEB) neem elke stap nodig om geloofwaardigheid en betroubaarheid in die eksamens te handhaaf". Prof Sarah Howie, Direkteur van die SU-UIC, het hierdie sentiment gedeel tydens die vergadering om die vrystelling van resultate goed te keur, en gesê: "Ons (SU-UIC) beskou dit as 'n baie suksesvolle eksamensessie in hierdie vierde aanbieding."
Internasionale Sekondêre Eksamen (ISC)
Die ISC, Afrika se eerste internasionale skoolverlatingkwalifikasie ontwikkel deur die IEB, is gelykstaande aan Suid-Afrika se Nasionale Senior Sertifikaat (NSC), wat houers in statte stel om toelating tot Suid-Afrikaanse universiteite te verkry. Die ISC word deur Universities South Africa (USAf) en UK Ecctis erken as vergelykbaar met Australiese, Britse en Keniaanse skoolverlatingkwalifikasies.
Die ISC word in eSwatini, Namibië, en Mosambiek aangebied. In Mei 2024 het 91 leerders van die drie lande die ISC-eksamens by ses eksamen sentrums afgelê, met 'n slaagsyfer van 92.4% uit 157 vakinskrywings. Sedert die bekendstelling in 2022 het die ISC in aanbiedings en aantal leerders gegroei. Die ISC het begin om eksamens in Mei 2023 aan te bied, bykomend tot die November eksamens. Tot op hede het 116 leerders die Mei eksamens geskryf, wat die behoefte aan 'n Afrika-gesentreerde internasionale kwalifikasie, wat leerders 'n bekostigbare en buigsame alternatief bied, reflekteer.
Verdere Studie Vakke
'n Totaal van 699 leerders het die IEB Mei 2024 Verdere Studie eksamens afgelê, in vergelyking met 423 in 2023. Verdere Studie kursusse in Afrikaans, Engels, Wiskunde en Fisika word as uitdagende, verrykende akademiese aanbiedings beskou. Hierdie opsionele eksamens stel leerders in staat om hul akademiese geloofsbriewe te verbeter voordat hulle tersiêre onderwys betree, wat 'n voordeel bied vir plaaslike en internasionale toelatings en studentesukses.
Hierdie jaar het 696 leerders die eksamens vir die eerste keer afgelê, terwyl 3 dit herhaal het om hul punte te verbeter. Indrukwekkend, 50 van die leerder was Graad 11 leerders. Die groep het 'n slaagsyfer van 80.33% oor ses vakke behaal, met 56 leerders wat tussen 90 en 99% behaal het.
Die IEB Verdere Studie kursusse is beskikbaar vir leerders wat die IEB ISC in eSwatini, Mosambiek, en Namibië studeer, sowel as vir leerder wat die Nasionale Senior Sertifikaat (NSC) in Suid-Afrika studeer in beide privaat en departementele skole. 'n UK ENIC (Ecctis) maatstawingoefening het bevind dat die kursusse vergelykbaar is met die Britse A-vlakke, wat hul globale mededingendheid vertoon.