Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-seminaar bevorder navorsingsamewerking oor universiteitsgrense heen
Outeur: Michael Meyer
Gepubliseer: 28/05/2024

In ʼn daadwerklike poging om navorsingsinisiatiewe en samewerking regoor die Wes-Kaap te bevorder, het die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch onlangs ʼn intervarsity seminaar vir nagraadse navorsing aangebied.

SU seminar image 1

Die geleentheid was deel van die Departement se voortgesette bydrae tot sosiale impak in die provinsie ter ondersteuning van bewusmakingspogings en die volgehoue herlewing van die nagraadse studentegemeenskap nadat akademiese aktiwiteite vier jaar gelede deur die COVID-19-pandemie ontwrig is.

Die seminaar was daarop gemik om studente se vaardighede te ontwikkel om oor hul navorsing te kommunikeer en op kritiese vrae te reageer, asook samewerkende verhoudings buite hul eie universiteite te ontwikkel. Hierdie elemente is noodsaaklik vir die bevordering van navorsingsimpak en die loopbare van jong navorsers.

SU seminar image 2

Dit is deur prof Ada Jansen, voorsitter van die US Departement Ekonomie, in haar programrede uitgelig. Sy het benadruk dat die “belangrikheid van doeltreffende kommunikasievaardighede om navorsingsidees te verwoord, met eweknieë te skakel wat gemeenskaplike navorsingsbelangstellings het, en netwerke te benut om terugvoer van die streeksgemeenskap te verkry” alles noodsaaklik is om navorsingsuitsette van hoë gehalte te lewer./p>

As deel van die dag lange program het elf nagraadse studente van US, die Universiteite van Kaapstad (UK) en die Wes-Kaap (UWK) persoonlik aanbiedings oor hul navorsingsprojekte gedoen. Dit is gevolg deur lewendige besprekings oor ’n verskeidenheid navorsingstemas en kruis-dissiplinêre onderwerpe, onder meer oor die langtermyn neutraliteit van geld; inflasiedinamika; armoedeverligting; sowel as finansiële innovasie en ekonomiese groei.

SU seminar image 3

Studente het waardevolle terugvoer ontvang van senior US-akademici en gevestigde navorsers van die departementele sentrums in die Departement Ekonomie, waaronder die laboratorium vir die ekonomie van Afrika se verlede (LEAP); ReSEP, ʼn navorsingsgroep wat op sosio-ekonomiese beleid fokus; en die Stellenbosch Monetêre Ekonomiese Navorsingsgroep.

Die aanwesiges se geesdrif is sigbaar aangewakker. Sinead Morrow van US, wie se aanbieding oor “ʼn Kritiese beskouing van die langtermyn neutraliteit van geld: ʼn gevallestudie oor Suid-Afrika” gehandel het, het haar ervaring soos volg beskryf: “Ek het dit ongelooflik nuttig gevind. Baie dankie! Ek is baie gelukkig dat ek positiewe terugvoer van almal ontvang het. Dankie vir al die hulp.”

SU seminar image 4

Die interuniversiteitseminaar vir nagraadse navorsing is deur 140 afgevaardigdes bygewoon en was ʼn klinkende sukses

US-organiseerders Michael J. Meyer en Kholekile Malindi was verheug oor die sukses van die geleentheid. Volgens Meyer het “die seminaar ʼn wesenlike sosiale impak omdat dit studente met waardevolle vaardighede toerus om oor hul navorsing te kommunikeer en gedeelde leerervarings aan te moedig. Ons sien uit na die volgende een.”