Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Die Uitdagings van die Transformasie van Kurrikulums: Besinnings deur ʼn interdissiplinêre praktykgemeenskap
Outeur: Simbongile Ntwasa
Gepubliseer: 15/05/2024

​​​U word genooi na die veerde OLA (Onderrig-Leer-Assessering) Auxin seminaar van 2024, aangebied deur die Sentrum van Onderrig en Leer:


Spreker:  Dr. Ruenda Loots, Dr. Jerome Joorst, Dr. Jennifer Feldman, Dr. Gerda Dullart, Dr. Anthea Jacobs, Dr. Jean Farmer, Mr Simbongile Ntwasa

Onderwerp:  Die Uitdagings van die Transformasie van Kurrikulums: Besinnings deur ʼn interdissiplinêre 

Datum:  21 Mei 2024

Tyd:  13:00-14:00

Plek:  Aanlyn by MS Teams Click here to join the meeting


Opsomming van seminaar

 Institusionele transformasie en insluiting raak geleidelik al hoe meer prominent in die strategieë van die histories wit instellings in Suid-Afrika. Ten spyte van hierdie pogings is daar slegs beperkte vordering met hierdie doelwitte, ook op die gebied van die transformasie van die kurrikulum. In die artikel waarop hierdie Auxin-sessie berus, besin die outeurs oor hulle gesprekke oor die transformasie van kurrikulums en onderrigpraktyke as ʼn interdissiplinêre praktykgemeenskap. Die gesprekke worstel met die gebrek aan kurrikulumtransformasie aan die Universiteit Stellenbosch, ten spyte van sy ambisieuse transformasieplan. Die outeurs voer aan dat moeilike interdissiplinêre gesprekke noodsaaklik vir die ontwrigting van onderrigpraktyke en deurslaggewend vir die dekolonisasieproses is. Hierdie gesprekke moet deurlopend en blywend wees, omdat agente van kurrikulumtransformasie in verskillende kontekste deur die deel van verhale ondersteun word. Die outeurs se konseptuele gesprekke verken verskeie teorieë van dekolonialiteit, deur die gebruik van ubuntu-pedagogie, asook die konsepte van herverdeling, erkenning en verteenwoordiging uit die maatskaplike-geregtigheidsteorie. Die medewerkende energie van ʼn interdissiplinêre praktykgemeenskap word ingespan, met die meegaande vertelkuns, lees- en skryfwerk, en besinning om die diversiteit van persoonlike en dissiplinêre perspektiewe bloot te lê. Enkele nadenkende vinjette is in die referaat ingesluit om hierdie proses te illustreer. Die tersaaklikheid van hierdie studie, verder as slegs binne die kontekste van die outeurs, spruit uit ʼn gaping tussen die teorie en die praktyk in die dekoloniseringsproses. Die argument is dat selfs ʼn goeie institusionele transformasieplan nie die dekolonialiteit van kurrikulums sal waarborg nie. Meer is nodig. Sistemiese verandering is nodig en moeilike interdissiplinêre gesprekke is deel van hierdie proses. Gemarginaliseerde stemme moet erkenning en verteenwoordiging geniet en die spesifieke konteksverwante herverdeling van kurrikulums moet plaasvind, sodat transformasieplanne en -teorieë in werking kan tree.


Biografie van spreker


  1. Dr Gerda Dullart is ʼn bestuurder in onderrig en leer in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.
  2. Dr Jean L Farmer is ʼn programbestuurder in die Transformasiekantoor.
  3. Dr Jennifer Feldman is ʼn senior dosent in die Fakulteit Opvoedkunde: Opvoedkundige Beleidstudies.
  4. Dr Anthea Jacobs is ʼn senior adviseur by die Sentrum vir Onderrig en Leer.
  5. Dr Jerome Joorst is is ʼn dosent in die Fakulteit Opvoedkunde: Opvoedkundige Beleidstudies.
  6. Dr Ruenda Loots is ʼn dosent en die hoof van die diplomaprogram vir volhoubare ontwikkeling in die Skool vir Openbare Leierskap.
  7. Mnr Simbongile Ntwasa is ʼn adviseur by die Sentrum vir Onderrig en Leer.