Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aankondiging: Finlo projekvoorstelle 2024
Outeur: Anthea H M Jacobs
Gepubliseer: 27/03/2024
Die US se Fonds vir Innovasie en Navorsing in Onderrig en Leer (Finlo) sal nie projekvoorstelle vir die jaar 2024 aanvaar nie


Sedert sy ontstaan in 2005 het die Fonds vir Innovasie en Navorsing in Onderrig en Leer (Finlo) 'n deurslaggewende rol gespeel in die bevordering van onderrig, leer en assessering (OLA) aan die US deur die befondsing van kleinskaalse OLA-projekte wat gefokus is op óf innovasie óf navorsing.

In lyn met Stellenbosch Universiteit se verbintenis tot goeie bestuur, deursigtigheid en verantwoordbaarheid, glo ons dit is belangrik om die impak en doeltreffendheid van Finlo te assesseer. Dit is des te meer belangrik in die konteks van institusionele finansiële beperkings. Teen hierdie agtergrond is die besluit geneem om ongelukkig nie Finlo-projekvoorstelle gedurende 2024 te aanvaar nie. In plaas daarvan sal 'n evaluasie van die impak van die fonds in verhouding tot sy eie doelwitte én die US se strategiese projekte binne die kernfunksie van OLA onderneem word.

As 'n eerste fase van die evaluasiestudie sal voormalige begunstigdes van Finlo-finansiering e-poskommunikasie ontvang waarin hulle versoek word om hul bystand te verleen met die indiening van inligting vir alle projekte.

Ons waardeer alle belanghebbendes se begrip en voortgesette ondersteuning terwyl ons saamwerk om OLA aan die US te verryk en bevorder.