Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
CHPC/NITheCS Kodering Somerskool ontsluit ‘n ‘wêreld van moontlikhede’
Outeur: NITheCS (media and communication)
Gepubliseer: 27/02/2024

Dit is soos om 'n geheime wapen of supermagte te ontdek, bevrydend. Dit is hoe studente wat onlangs die Kodering Somerskool bygewoon het, hul kennismaking met programmeringstale soos Python, Gitbash en Spyder ervaar het.

Die 14de Kodering Somerskool is van 29 Januarie tot 9 Februarie 2024 deur die Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe (NITheCS) en die Centre for High Performance Computing (CHPC) aangebied. Dit is bygewoon deur 580 studente van meer as 30 hoër onderwys instellings in Suid-Afrika en Kenia.

Mnr. Binjamin Barsch, Hoof Sagteware Ingenieur by die CHPC en hoof koördineerder vir die Kodering Somerskool, sê 297 van die studente het vir sertifikate gekwalifiseer – 'n toename van 18% op die vorige jaar se aantal graduante.

“Dit was bevredigend om die deelname van soveel studente te beleef. Op ons interaktiewe kommunikasieplatform op die Slack werksruimte, was daar meer as 6 500 boodskappe.

Barsch het ook interessante statistieke van vanjaar se somerskool beskikbaar gemaak: Van die 580 studente was 57% manlik en 43% vroulik, en 40% was MSc studente versus 25% PhD studente. Die meerderheid studente was afkomstig vanuit vakgebiede soos fisika (21.6%), chemie (17%), en biologie (16.9%), gevolg deur ingenieurswese (9.6%), omgewingswetenskappe en geografie (9.5%) en die mediese wetenskappe (7.23%).

Vanjaar het Noordwes Univeristeit se Vanderbijlparkkampus en Walter Sisulu Universiteit ook vir die eerste keer deelgeneem.

Prof. Francesco Pettrucione, interim direkteur van NITheCS, sê die toename in studentegetalle is die produk van die harde werk van NITheCS se verteenwoordigers op die verskillende kampusse en die gretigheid van deelnemers om die kwaliteit van hul navorsing te verbeter: “Ons is vas van plan om die reiktwydte van die Koderingsomerskool nog verder uit te brei. Vir volgende jaar hoop ons byvoorbeeld om nog meer studente van naburige lande te betrek, en sodoende om 'n meer diverse opleidingsomgewing te bevorder."

Volgens Barsch sal die Koderingsomerskool weer in hibriede formaat aangebied word. Dit beteken dat studente die twee weke-lange opleidingsprograme aanlyn of in-persoon by 'n instansie van hul keuse kan bywoon, waar hulle dan ook toegang het tot aanlyn lesings en in-persoon toesig.

“Die meerderheid van studente het die in-persoon bywoning meer doeltreffend ervaar," het hy bygevoeg.

Gedurende die eerste week is deelnemers aan die fundamentele beginsels van Python en datawetenskap blootgestel, wat hulle daartoe instaat stel om verskeie datastelle te analiseer en te manipuleer, insluitend 'n inleiding tot Linux en Bash. Gedurende die tweede week is studente bekendstel aan sagteware-oplossings wat hulle in hul navorsing mag nodig kry, met voorbeelde uit verskeie velde soos masjienleer, bioinformatika, die simulasie van chemiese stelsels en die toepassing van Monte Carlo metodes.

Hieronder volg 'n paar aanhalings uit die studente se anonieme terugvoer:

  • "Learning Python felt like unlocking a new realm of possibilities for my research. I'm excited to delve deeper into data manipulation and analysis using the skills gained in week 1."
  • "The introduction to bash scripting was a game-changer for me. It's like I found a secret weapon to tackle repetitive tasks efficiently in my work."
  • "Python and Gitbash have become my dynamic duo for data analysis. I can now navigate through datasets without the hassle of Excel, thanks to the coding summer school."
  • "The guest lectures provided insights that I could immediately share with fellow data science majors in the industry. The centralized learning approach made it all the more impactful."
  • "I never thought I'd appreciate plotting graphs in Python so much! It adds a creative dimension to data visualization that I was missing out on."
  • "The sessions on Linux and Github have expanded my toolkit for efficient research data processing. Now, I feel more comfortable and confident in managing my projects."
  • “Becoming comfortable with Bash and Spyder feels like gaining new superpowers. The integration with Gitbash has streamlined my file management, making my workflow smoother."
  • "The quizzes were a great touch. They challenged me to apply what I learned actively, reinforcing my understanding of Python and Gitbash commands."
  • "I used to rely heavily on Excel for data analysis, but now, after week 1, Python has become my go-to tool. The shift is not just practical; it's liberating."
  • "The coding summer school has turned me into a Python enthusiast. I can't wait to implement what I've learned, especially in the upcoming Streamlit project. Python/bash is, indeed, awesome!"

Die 15de Koderingsomerskool sal volgende jaar weer plaasvind. Volg NITheCS se kalender om op datum te bly met lesings en opleidingsgeleenthede - NITheCS calendar: 26 Feb-3 Mar 2024 (mailchi.mp)

Klik hier vir 'n YouTube video meet foto's van deelnemers op die verskillende kampusse - Coding Summer School 2024 (youtube.com)