Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Konvokasievergadering op 7 Desember gehou
Outeur: Development & Alumni Relations
Gepubliseer: 01/12/2023

​Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch word uitgenooi na die jaarvergadering van die Konvokasie op Donderdag 7 Desember 2023 om 18:00 SAST.

Die jaarvergadering van die Konvokasie is 'n belangrike geleentheid wat dit vir die breë gemeenskap van alumni moontlik maak om 'n vorderingsverslag deur die Rektor en Visekanselier te ontvang, 'n verslag oor die stand van die Konvokasie te oorweeg en 'n lesing deur 'n gerekende kollega oor kritieke sake aan te hoor. By die geleentheid word die jaarlikse Konvokasieprys vir diens aan die gemeenskap aan 'n lid van die Konvokasie oorhandig.  ​Hierdie toekenning word vanjaar postuum toegeken aan Ainsley Moos, voormalige voorsitter van die US Raad wat vroeër die jaar afgesterf het.

Dit als beteken dat of jy nou in Suid-Afrika, of die res van die kontinent is, of in Asië, Australië, Europa, Noord- of Suid-Amerika, of elders, woonagtig is, bied hierdie bepaalde byeenkoms van die universiteitsgemeenskap jou 'n unieke geleentheid om insae in universiteitsake te kry.

  • Klik hier​ vir die agenda van die 2023 vergadering.
  • Klik hier vir die opname van die jaarvergadering van 10 November 2022.
  • Klik hier vir die opname van die buitengewone vergadering van 1 Junie 2023.


Geleentheidsbesonderhede

Sluit gerus óf in persoon óf aanlyn aan.

Wanneer: Donderdag 7 Desember 2023

Tyd: 18:00 SAST (As jy buite Suid-Afrika gebaseer is, klik hier om die presiese tyd vir jou ligging op te spoor.)

Waar: US-museum 52 Ryneveld St, Stellenbosch / OF Aanlyn

Gasspreker: Prof Aslam Fataar, Uitgelese Professor in die Departement Opvoedingsbeleidstudie, US

​RSVP: Stuur gerus 'n e-pos aan konvokasie@sun.ac.za om bywoning te bevestig. 

LET ASSEBLIEF OP DIE VOLGENDE:

  • Registreer so spoedig moontlik aangesien sitplekke beperk is.
  • Die sluitingsdatum vir registrasies is Dinsdag 5 Desember 2023.
  • Vir diegene wat aanlyn bywoon, sal ons 'n skakel per e-pos aanstuur.
  • Vir diegene wat persoonlik bywoon – neem asseblief teen 17:30 SAST jou sitplek in en bring 'n bewys van identiteit saam. 
     

Ingevolge die US Statuut (2019) is die Konvokasie saamgestel uit (a) alle persone aan wie 'n kwalifikasie by 'n gemeente van die Universiteit toegeken is; (b) die rektor, die viserektore, bedryfshoof en die voltydse akademiese personeel van die Universiteit; en (c) voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het weens die bereiking van aftree-ouderdom.

Die US Statuut erken die belangrike rol wat die Konvokasie speel om die welsyn van die Universiteit te bevorder deur 'n wedersyds voordelige verhouding tussen die Universiteit en die lede van Konvokasie te handhaaf. Boonop bied Konvokasie 'n oop platform vir lede van die Konvokasie om insette te lewer oor sake rakende die Universiteit.

Let wel dat alle agendapunte reeds ingedien en die agenda dus reeds gesluit is. Geen verdere agendapunte of mosies kan bygevoeg word nie, soos bepaald word in die Konvokasie-vergaderingsprosedures.