Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SAKELEIERS INSPIREER OPTIMUS-STUDENTE
Outeur: Sharon Malan
Gepubliseer: 11/10/2023

Die hoofdoel van die OPTIMUS-program in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe is om top voorgraadse akademiese uitblinkers van ’n stimulerende omgewing te voorsien en hulle op hul akademiese reis te ondersteun om volgehoue prestasie te lewer tydens hul studiejare by US en daarna.

Die programaktiwiteite vir die jaar is op 3 Oktober 2023 by Middelvlei Wynlandgoed afgesluit met die jaarlikse geleentheid genaamd “Engagement with a leader". Gedurende die aand het sakeleiers hul lewensverhale, ondervinding en advies met die groep OPTIMUS-tweedejaars bespreek.

Onder die sakeleiers was dr Debra Shepherd, senior dosent en navorser in die Departement Ekonomie; mnr Burtie September, geoktrooieerde rekenmeester en finansiële hoof van die Curro-skolegroep; me Katleho Mosehle, uitvoerende streekshoof van AlexForbes Gesondheidsadviesdienste (Kusstreek); en mnr Zac Rusagara, entrepreneur en stigter van aiAdvertising, asook medestigter en direkteur van Chommies.com.

Hul waardevolle advies het die volgende ingesluit: die belangrikheid daarvan om vrees te bestuur en om mislukking as ’n leergeleentheid aan te gryp. Studente is aangemoedig om nie van mislukkings weg te skram nie, maar om te kies om elders moed aan die dag te lê; om te erken dat die lewe optrede beloon; en dat sukses in baie gedaantes kom. Die konsep van afsprake met jouself ten einde tot ’n dieper begrip en insig rakende jouself te kom, is ook aan studente bekend gestel as ’n belangrike stap op ’n mens se lewenspad.

Die funksie het OPTIMUS-studente die unieke geleentheid gebied om uit die wysheid en ondervinding van hierdie sakeleiers te put. Dit het hulle inspireer en beter voorberei vir die akademiese en professionele reis wat vir hulle voorlê. Hulle het ook hul sertifikate ontvang vir die suksesvolle voltooiing van die program.


Foto: OPTIMUS studente by Middelvlei.
Krediet: Ignus Dreyer (SCPS Photos)