Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
“Kweek ’n kultuur wat studentesukses bevorder deur betekenisvolle ko-kurrikulêre ervarings”
Outeur: Tendani Tshauambea
Gepubliseer: 04/10/2023

​Vir die afgelope paar maande het voornemende en bestaande studenteleiers opleiding in leierskapsontwikkeling ondergaan ter voorbereiding vir die verkiesing van studenteleiers in verskeie studente-strukture. Die doelwit van al die opleiding? Om “studente te kweek vir 'n toekoms van sukses".

“Die doel is om praktiese vaardighede aan studente te verskaf deur gespesialiseerde opleiding wat fokus op interaktiewe student-gesentreerde sessies wat emosionele intelligensie en projekbestuur bevorder," sê dr Liezl Dick, RES-Ed Kurrikulum-koördineerder by die Sentrum vir Studentegemeenskappe (SSG) binne die Afdeling Studentesake (STS) van die onlangse opleiding wat huiskomitee-leiers van die koshuise en pendelstudent-ruimtes ondergaan het.. Dick is getaak met die ontwikkeling van studenteleiers aan die Universiteit Stellenbosch (US) saam met personeel in die Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding en Burgerskap (SSLEOB).

In Julie is die Leierskapberaad vir Voornemende Leiers (beter bekend as LSAL) gehou by die Jan Mouton Leersentrum op die Stellenbosch-kampus. LSAL is 'n platform vir  leierskapstudente-betrokkenheid vir voornemende en bestaande studenteleiers om hul leierskapvaardighede te ontwikkel. Vanjaar was die studente in staat om te skakel met en te leer by bekende, gesiene leierskapdeskundiges, leierskap-uitdagings te bespreek met hul eweknieë op kampus, die rol van studenteleiers te begryp in die oplos van uitdagings wat studente vandag ervaar, veral by US, en 'n gesprek te begin oor innoverende wyses om daardie uitdagings aan te spreek.

“Die LSAL-program is 'n leierskap-platform wat geskep is vir enige studente wat betrokke wil raak by die studenteleierskap-spasie, of dit posisioneel of nie-posisioneel is, en vorm deel van die FVZS en SSLEOB strategie om die leierskap-pyplyn te vul van die oomblik dat studente intree in die Hoër Opvoeding ruimte," sê Spurgeon Wilson, Programbestuurder by SSLEOB.

LSAL is georganiseer om die tema “Kweek die leier binne US" en stel die deelnemers bekend aan die konsep van institusionele kultuur en “hul rol in die bestuur en bereiking van die doelwitte van instellings van hoër opvoeding, spesifiek wat betref inklusiwiteit en diversiteit," voeg Wilson by.

'n Totaal van 813 studente het aansoek gedoen om deel te neem aan LSAL 2023, 526 studente het direk deelgeneem terwyl 287 aanlyn aangesluit het by die beraad. Die inleidende spreker was prof Heblon Vilakazi, Visekanselier en Rektor van die Universiteit van die Witwatersrand. Prof. Vilakazi het die toon vir die beraad aangegee deur 'n bespreking van die impak van institusionele kultuur.

Die program van die beraad het bestaan uit paneel-besprekings wat dieper gedelf het in “institusionele kultuur, leierskap en die stem van die studente," en is gemodereer deur US personeel en studente. Studente het insig gekry in institusionele kultuur deur hul eie waardes en hoe om ongemak te hanteer wanneer waardes bots.

Me. Rukshana Parker, 'n dosent in Privaatreg by die US Regsfakulteit, het die beraad afgesluit met 'n bespreking van die ingesteldheid wat nodig is om sosiale en kulturele verandering deur leierskap aan te spreek.​

Na die aanstelling van studenteleiers teen die einde van Augustus het opleiding van studenteleiers afgeskop met die sessie Voorbereiding vir grondwet-opleiding by die Academia-saal.

Verdere leierskap-opleiding het ingesluit Mentor-opleiding, Prim-kamp, Nuutverkose Leierskonferensie, Pendelstudente-organisasie Strategiese Konferensie (CSO Stratcon), en Gespesialiseerde HK Opleiding.

“Die doel van die verskillende opleidingsgeleenthede is om te verseker dat studenteleiers gereed is vir hul leierskap-termyne, in staat is om te netwerk met hul eweknieë en bou op hul bestaande ondervinding," verduidelik Dick.

Terwyl die meeste opleiding op Stellenbosch aangebied is in verskillende plekke op die kampus het 'n deel van die opleiding plaasgevind in Grabouw en Piekenierskloof oor verskeie dae. Dit het ingesluit die Prim-kamp en die CSO Stratcon van 12 tot 14 September.

Oor haar ondervinding van die HK Spesialisopleiding vertel Hellen MMile: “Ek dink om te luister hoe ander mense praat oor hoe uitgebreid en insiggewend die spesialisopleiding was, en hoe hulle dit geniet het, het my die inkomende HK's laat beny want ek wens dat ek ook daardie geleentheid gehad het om my leierskap-termyn nie so blind in te gaan nie."

Leierskap-opleiding vorm 'n sleutel-gedeelte van die CSC se missie om 'n kultuur te kweek wat studente-sukses bevorder deur betekenisvolle ko-kurrikulêre ondervindings. Verder verseker hulle dat studenteleiers aanpasbaar bly in 'n voortdurend veranderende sosiale konteks waarin hulle moet lei. 

“Die leierskap-opleiding was interessant. Ek waardeer die tyd en moeite wat gespandeer is om dit te laat plaasvind, en ek glo ons baat daarby. Persoonlik, omdat ek deel is van die senior-groep het sommige sessies of onderwerpe irrelevant gelyk, (soos die sang)", sê  Siphiwe Phetla, 'n HK-lid van Huis McDonald, in sy terugvoer.

Die uiteindelike doel, volgens Dick, is die skepping van 'n leierskap-akademie.

Ons moet werk in die rigting van 'n leierskap-akademie sodat, wanneer studente die Universiteit Stellenbosch verlaat as leiers, mense sal weet dat hulle deel was van die Stellenbosch Leierskap-akademie en dat hulle 'n sekere vaardigheid het deur te werk met diverse studente, en verantwoordbare, effektiewe en responsiewe leierskap vertoon wat iets is wat nie juis tans in ons land teenwoordig is nie."